KORTVERHAAL
Die busdeur open en die groepie mense by die busstop klim stadig in. Sommige groet luid – hulle vat gereeld dieselfde bus. Tries moet eers ’n kaartjie koop. Sy's nie ‘n regular nie. Sy's op pad Kaapstad toe vir ’n onderhoud.
Sy betaal, loop in die gang af en skuif dan iewers in die middel in ’n sitplek in. Sy haal diep asem en sluit haar moeë oë vir ’n paar sekondes. Met haar handsak styf vasgeklem, sit sy vir ’n rukkie só. Sy's jonk, maar dié wat fyn kyk, sal tekens van aftakeling by haar kan waarneem.
Net voor die bus ry, skuif daar ’n ouerige antie kreunend langs haar in. “Sjoe! Môre. Ek het dit byna nie gemaak nie,” groet sy, haar stemtoon vrolik.
“Môre,” mompel Tries en skuif weg. Haar liggaamshouding wys sy's nie in ’n geselsbui nie. Die antie steur haar min.
“What an absolutely beautiful day! Die son is uit en my hart voel lig,” sê die antie, maar Tries bly onbetrokke. Die antie haal wol uithekelvernuf te bewonder nie. “Jy't nie vannag ’n oog toegemaak nie,” sê die vrou uit die bloute, sonder om op te kyk.