Weg!

Steeds tuis by die groot gedruis

Ek staan op die Zimbabwiese kant van die Batoka-ravyn en die krag van die water wat teen die krans aftuimel, is verstommend. Die sproeireën gooi ons sopnat en ’n reënboog belig die mis. Dit maak nie saak hoeveel keer jy dit al gesien het nie, die Victoriawaterval is asembenemend.

Ek is deel van ’n groep joernaliste uit Kaapstad en Johannesburg en ons is hier om te sien hoe die gemeenskap van Vic Falls die Covid-19-storm oorleef het.

Aan die oorkant van die 60m wye kloof – aan die Zambiese kant – is Livingstoneeiland. In November 1855 was die sendeling-verkenner David Livingstone die eerste Europeër wat dié verskynsel gade geslaan het. Toe sy verkenningsgroep op die Zambesirivier geroei het, kon hulle die kolomme watersproei reeds van myle ver af gesien het. Livingstone het glo uit sy kano geklim en na die rand van die ravyn gekruip. Die fyn sproei het hom aan “iets soos sneeu” herinner.

’n Standbeeld van Livingstone kyk uit oor die westelike deel van die ravyn. “The most wonderful sight I had seen in Africa,” het hy glo gesê. Tinashe Sithole,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Onder Die Radar
“Suid-Afrika was die enigste land in die Gemenebes van Nasies wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vroue as soldate opgelei het,” sê dr. Wim Myburgh waar ons in ’n koffiewinkel op Pringlebaai sit en gesels. “En nie net in een nie, maar twéé spesialiskr
Weg3 min read
Die Mense Het Gepraat
Die wenners van die 59ste kompetisie Natuurlewefotograaf van die Jaar is einde laasjaar aangekondig. Maar met dié dat daar bykans 50 000 inskrywings was, het die beoordelaars besluit om nog 25 uitblinkers te kies, en lede van die publiek kon vir hull
Weg12 min read
Oor Grense Heen
Grense is eienaardige goed, oor die eeue heen het mense dit lukraak geskep om die belange van die groep binne die grens te beskerm en natuurlik om ander uit te hou. Kyk jy na ’n kaart van Afrika, sien jy telkens die mees dwaas van alle landsgrense: L

Related