Weg!

Onder die radar

“Suid-Afrika was die enigste land in die Gemenebes van Nasies wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vroue as soldate opgelei het,” sê dr. Wim Myburgh waar ons in ’n koffiewinkel op Pringlebaai sit en gesels. “En nie net in een nie, maar twéé spesialiskrygsvelde.” Hy neem ’n sluk water en kyk op na die Hangklipberg wat voor ons opdoem. “Nou is dit ’n hoofstuk wat dreig om te verdwyn.”

Wim, ’n afgetrede sielkundige en amateurgeskiedkundige van Pringlebaai, het die boek Women at War geskryf wat hierdie vrouesoldate se verhaal vertel.

Dit was haas geen maklike taak nie. Die Unieverdedigingsmag (UVM) se argiewe van die 1940’s was maar skraal. Boonop is die vroue se deelname aan die oorlog as streng geheim geklassifiseer. Behalwe vir foto’s, karige dokumente en ’n paar staaltjies onder oorlewende familielede, was daar min inligting oor hulle beskikbaar.

“Om die hele storie te verstaan het ’n mens konteks nodig,” sê Wim en ek skuif my reg.

Hy vertel dat die sluit van die Suez-kanaal in 1940 ’n groot toename in skeepsvaartverkeer rondom die Kaap veroorsaak het. Dié waters het begin wemel van vriendelike én vyandige vaartuie, waaronder ook Duitse duikbote, die gevreesde “wolwetroppe” wat stil soos haaie deur die dieptes kon klief.

Verspieding aan die kus, met die ondersteuning van radartegnologie om skeepsvaart te monitor het prioriteit geraak vir die UVM. Die meeste mansoldate was reeds teen daardie tyd opgeroep na Noord-Afrika. Gen. Jan Smuts het toe ’n meesterskuif gewaag: Hy het vroue uit die burgerlike samelewing in hierdie rolle laat oplei. So het die Vrouehulpleërdiens in 1941 ontstaan, waaruit die radaroperateurs van die Spesiale seindienste-eenheid (SSS) in 1942 vertak het.

“Dit was ander tye en daar was oral getwyfel of die ‘nooientjies’ opgewasse was vir die taak,” vertel Wim laggend.

Baie van die UVM se hoë koppe het gewonder oor die vroue se vermoë om die wiskunde baas te raak en rekrute vir die SSS is dikwels” deur offisiere herdoop. Dit het egter gou duidelik geword dat hierdie rateltaaie vroue – wat tussen 19 en 32 jaar oud moes wees om aan te sluit – weet wat hulle doen.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg1 min read
Afrika Op Sy Beste
Elke keer as ek na hierdie foto van die Wolfbergboog kyk, is ek dadelik weer dáár – saam met my stapmaats op die laaste oggend van ’n onvergeetlike trek deur die Sederberg. Ons drink koffie terwyl die son opkom en sê nie veel nie. Af en toe tik een n
Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va

Related