Weg!

Die terugtog begin...

Ons lang reis het in die middel van 2018 op Marie se tuisdorp, Valence in Frankryk, begin en eers deur Europa gekronkel voordat ons teen Mei 2019 Afrika binnegery het. Nou is dit Oktober 2019 en dit voel vreemd dat ons binne twee maande by die huis in Johannesburg gaan wees.

Die afgelope paar maande het ons byna ’n sirkel gery van Kenia na Tanzanië na Rwanda en toe na Uganda, waar ons basies ’n U-draai gemaak het en nou weer Kenia binnery. Ons kom die land binne by die klein Malaba-grenspos – voor ons lê meer as 7 000 km se harde pad Suid-Afrika toe.

Ons wil tuis wees vir Kersfees, maar hoewel ons reeds die gerookte ham en mince pies kon ruik, wou ons nie jaag nie, want daar’s nog plekke in Kenia, Tanzanië, Malawi, Zambië en Zim wat ons graag wil besoek. >

Rooi olifante en mensvreterleeus

Die Tsavo- nasionale park is eerste in ons visier. Ons is nou in die weste van Kenia en Tsavo lê 800 km oos – ons sal op twee plekke moet oornag op pad soontoe, by die Baringo- en Naivasha-meer.

Tussen Malaba en Baringo ry ons deur Iten, ’n klein dorpie op die eskarp van die Groot-Skeurvallei. Kenia is bekend vir sy langafstandatlete en baie van hulle kom van Iten af. Die hoogte bo seespieël – sowat 2 400 m – maak dit ’n puik oefenplek vir langasems,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Kortliks
ABALOBI is ’n slimfoon-app wat kleinskaalse vissersgemeenskappe met klante verbind. Restaurante en individue kan met die app vars vis direk by ’n visserman koop. Sodoende kry die vissermanne ’n goeie prys en toegang tot ’n groter mark. Dié grensversk
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related