Avontuur Afrika

In die voetsporen van ons voorvaders

Soms wonder ek of ons werklik waardeer hoe bevoorreg ons is om op ‘n kontinent te woon waar avontuur op almal se drumpel en om elke hoek en draai is. Gelukkig vir my en my vrou, is ‘n liefde en waardering vir die buitelewe van kindsbeen af by ons albei ingeboesem. Kamp, visvang, jag, landreis, strandvakansies, staproetes en selfs so nou en dan ‘n bederfvakansie by ‘n lodge… dit was asof ons ouers saamgespan het om ons vir mekaar groot te maak.

Daar is egter ook die realiteit van die lewe en ‘n mens moet die tering na die nering sit. Dit maak dit vir meeste mense onmoontlik om heeltyd hulle harte te volg en dikwels word ons deur die spreekwoordelike werklike wêreld verteer. Gelukkig het ons avontuurlustigheid, gemeng met die genade van Bo, ons as gesin die geleentheid gebied om die afgelope vier jaar in die pragtige Malawi te woon en te werk. Malawi is nie net die warm hart van Afrika nie, maar ook die poort tussen Suid-en Oos-Afrika. Om hier te woon vuur daardie passie om deur die streek te reis aan!

Gereelde reise na Suid-Afrika, ons tuisland, het die norm geword en ons as gesin verkies almal om eerder te ry as te vlieg. Ongelukkig, soos vir baie ander, is hierdie passie effens deur die Covid-19-pandemie gedemp, maar dit het ons die geleentheid gebied om Malawi behoorlik te verken. Nadat die grense egter weer oopgemaak het, was ons gretig om soos oudergewoonte in die pad te val.

Aangesien ons lus was vir avontuur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika1 min read
Avontuur Afrika
Uitgewer: Anton Willemse Redakteur: Liana Reiners Hoof van ontwerp: Simone Anderson Redaksionele konsultant: Louis Krouwkamp Verkope: Anton Willemse Tony Yeo Medewerkers: Andy Wassung Bernard Hellberg Jr Grahame McLeod Henk Bogaards Mel Tripp Nolene
Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou

Related