Avontuur Afrika

‘n Avontuur vol geskiedenis

As ‘n direkte afstammeling van die Dorslandtrekkers van die 1800’s, het ek besluit om die roete wat my voorvaders noordwaarts vanaf Suid-Afrika na Angola deur Namibië geneem het, te herontdek. Dit het in ‘n gesinsavontuur, waarop ons van een skouspelagtige bestemming na ‘n ander gereis het, ontaard. Ons het geleer, verken en ervaar… Net so ‘n stukkie oor ‘n maand en 24 bestemmings later, het ons het ons nuwe respek vir die uitdagings wat die onverskrokke Dorslandertrekkers moes deurmaak gehad.

Bestemming 13: Halali-kamp, Etosha Nasionale Park, Namibië

Nadat die geluide van leeus, hiënas, jakkalse en sebras ons die vorige aand in die Namutoni-kamp aan die slaap gesus het, het ons ‘n rustige oggend geniet voordat ons na Halalikamp vertrek het. Dis sowat 75km vanaf Namutoni en naby die Rietfontein-watergat, tussen twee koppies geleë is. Die oorvloed van wild in Etosha stel nooit teleur nie en die rit het wonderlike besigtigings opgelewer.

Namutoni het ‘n beduidende rol in die Dorslandtrek gespeel. Nadat nuwe regulasies opgestel en ‘n nuwe leier by Leeupan in Khaudum aangewys is, het die groep verder teen die Okovangorivier opgetrek. Hulle het egter baie probleme met plaaslike stamme en malaria ondervind en besluit om ‘n ruk by Namutoni te vertoef. Daarvandaan is hulle weswaarts na Okaukuejo, maar omdat die water daar vuil en onbruikbaar was, het hulle oos na Rietfontein gegaan. Híér het hulle tot die winter van 1878 gebly.

Die skilderagtige Rietfontein is vandag een van die hoofwatergate in die Etosha Nasionale Park en jy kan verwag om heelwat wild daar te sien. Daar is ook ‘n paar Dorslandtrekkergrafte en ‘n gedenkteken, tesame met die ruïnes van hartbeeshuisies wat hulle daar gebou het.

Bestemming 14: Okaukuejo-kamp, Etosha Nasionale Park, Namibië

Ons beplanning was om twee dae by

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika2 min read
Wenke Om KBV’s Te Onderskei
Maak ‘n kortlys van ‘n paar spesies, gebaseer op watter deel van die land jy jouself bevind. Bekyk die area goed vir tipiese habitatte soos ‘n rietbedding, vleilande of ‘n stofpad in die dorre Karoo en bestudeer dan die verspreidingskaarte in jou voë

Related