Kuier

MIMI SONDER masker

Hou die blink kant bo.

Dís die masker wat baie mense, veral diegene in die vermaakbedryf, dag ná dag vir die wêreld ophou. Dit verg dat jy met die grootste glimlag in die publiek verskyn, al skreeu die binnekamers van jou hart om hulp

Ons het vir Nobuhle Mimi Mahlasela (38) in die ikoniese SABC2-sepie 7de Laan leer ken as die borrelende en altyd-reg-om-te help-vasvatter Aggie Ngwenya (nou Meintjies). Sy woeker al vir 14 jaar op die stel van 7de Laan en het talle Suid-Afrikaners se harte gesteel met haar kenmerkende uitlating aan haar mede-karakter Paula van der Lecq, destyds gespeel deur Diaan Lawrenson,“Dis jou skuld as ek nooit in die hemel gaan beland nie!”

Dit is egter wanneer jy ’n bietjie dieper kyk en die versteekte seer in Mimi se oë raaksien dat jy besef ’n mens weet nooit regtig wat in ander se koppe en harte aangaan nie. Dís ’n realiteit wat veral vroeër die jaar die vermaakbedryf soos ’n emmer yskoue water getref het toe die Paarlse akteur Ceagan Arendse (34) sy stryd teen depressie verloor en selfdood gekies het.

In ’n operhartige en eksklusiewe onderhoud met vertel Mimi sy gaan nie meer die blink kant bo hou nie – tot hier toe en nie ’n enkele tree verder nie. Sy wil mense inlaat in haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Oplossings
STER-BLOKRAAI NR. 230 VRAAG: Dié Amerikaanse sangeres se aanhangers word die “Little Monsters” genoem. Wat is haar doopnaam? Marlene Drotschie, Bellville FOTOBLOKRAAI NR. 308 VRAAG: Dié joernalis en Carte Blanche-aanbieder is laas jaar oorlede. Heste
Kuier5 min read
Ly My Tienerkind Aan Depressie?
Deure wat toegeklap word, stilstuipe en ‘n kind wat ure lank in hul kamer wegkruip. Dis dalk net gewone tienernukke, maar jy kan nie help as om te wonder of daar dalk meer agter dit skuil, en om bekommerd te voel nie, want nes ander het jy gehoor tie
Kuier1 min read
5 Topwenke Vir Ander Aanlyn Gedrag
Baie van ons interaksie is deesdae aanlyn, maar dit beteken nie jy kan in die wilde, woeste weste van die web maak nes jy wil nie. Net soos in die werklikheid, is daar regte maniere van kommunikeer. As jy nie iets in persoon vir iemand sal sê nie, mo

Related