Áltyd ’n gelukkige einde?
Mar 04, 2019
4 minutes
ILLUSTRASIE DIEK GROBLER
In die middel van die vorige eeu het my ouma ’n losieshuis gehad. Dit was op ’n Wes-Transvaalse dorp waar my oupa se kleinerige boerdery nie so fluks gevorder het nie–dié dat Ouma die losieshuis begin het. Die huis het so ’n rondom-stoep gehad met twee stoepkamers, drie kamers in die huis plus nog ’n ry kamers ágter die huis. Die losieshuis het gou vol skooljuffrouens en verskillende klerke geword–die vroue in die huiskamers en die jong mans in die agterste buitekamers.
Ouma was baie partikulier (haar woord) oor wie sy as loseerders inneem. Skooljuffrouens was geleerde mense, en bankklerke, prokureursklerke en jongetjies wat darem matriek het en op ’n manier aan ’t
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days