Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wolf, wolf
Wolf, wolf
Wolf, wolf
Ebook388 pages6 hours

Wolf, wolf

Rating: 2 out of 5 stars

2/5

()

Read preview

About this ebook

Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheüs wat dit is. “Matt,” sê die hondebek, “dis ek. Maak oop asseblief.” Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker’s Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos ’n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sý lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood. Eben Venter se roman is ’n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van ’n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir ’n lewe in ’n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. ’n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel – Venter aan die toppunt van sy vermoëns.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMar 1, 2013
ISBN9780624055006
Wolf, wolf
Author

Eben Venter

Eben Venter word op 'n skaapplaas in die Oos-Kaap groot. Hy studeer filosofie en werk as kopieskrywer en joernalis. In 1986 emigreer hy na Australië, waar hy as sjef twee van sy eie restaurante bedryf. Sy veelbekroonde romans is al in Engels, Duits en Nederlands vertaal.

Read more from Eben Venter

Related to Wolf, wolf

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wolf, wolf

Rating: 2 out of 5 stars
2/5

2 ratings1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 2 out of 5 stars
    2/5
    I selected Wolf, Wolf by Eben Venter to read in order to satisfy a reading challenge requirement, but my curiosity was piqued by the premise and some flattering reviews – Cape Times named it one of the 10 best books of 2013 and it was shortlisted for the 2014 Sunday Times (South Africa) prize.The narrative of Wolf, Wolf shifts between the perspectives of Benjamin, Mattie and Mattie’s boyfriend Jack, a school teacher at a private school. It a story about manhood, love, family and legacy – not only that which a father passes on to a son, but also in relation to South Africa’s struggles with a post-apartheid society.The translation by Michiel Heyns from Eben Venter’s Afrikaans has received much praise but unfortunately I struggled with the dense prose from the first pages and couldn’t seem to find a rhythm in the narrative to suit me. I persevered until the end, but with little enjoyment.

Book preview

Wolf, wolf - Eben Venter

Eben Venter

Wolf, wolf

wolf_afr%20full%20size.tif

TAFELBERG

wolf_afr.tif

Op die kop eenuur kom hy ingestap met die skinkbord kos vir sy pa wat besig is om te sterwe. Heimlik gebruik hy die woord sterwe met kleinletters, nie soos die onkoloog wat dit invryf nie: ek gee jou pa nog so ’n maand. Hy kom ook met ’n versoek wat hom skaam kan laat kry. En tog gaan hy, wíl hy die tjek van sy pa vra sodat hy met sy eie besigheid kan begin. Elke woord van sy versoek is gesif en geweeg, en vir middagete is daar tamatie-en-lamsbredie, sy pa se gunsteling.

Hy’s verbaas toe hy sien die ou man sit klaar regop toe hy inkom, rug teen twee kussings – die wilskrag wat dit moes gekos het. En plotseling kom die stem uit die afgetakelde liggaam, kragtig en dwingend nes hy dit onthou. Pa wil hê hulle moet hom skuiwe van die slaap- na die studeerkamer. Maak nie saak watter toestand Mattheüs aan hom toeskryf nie.

Sommer vanmiddag nog, Mattie. Hy sê: Sommer. Vanmiddag. Nog. Dit help nie om nou nog uit te stel nie, jong. Ek is hier op geleende tyd. En hy rig sy kop na die plek waar hy reken Mattheüs met die skinkbord kos staan en hou hom net daar vas waar hy op die gestreepte kelim staan, die oë agter hulle geslote ooglede bly hom vashou.

So het hy geredeneer en weke lank geloop en timmer aan die versoek en die konsekwensies, in der waarheid is dit ’n laaste guns aan die sterwende man. Sy pa sal vredig gaan in die wete dat sy seun nie ’n deurbringer is nie: Mattie gaan weer op sy voete kom. Hy’t lamsvleis gaan koop en ryp tamaties en klein jong wortels en die bredie stadig laat prut. Hy’t aan alles gedink.

Nou word sy spoeg dik. Die totaliteit van wat hy nie beplan het nie flits voor hom verby: dubbelbed, matras, bedkassie met al die pille en medikasie en spesiale suigstokkies teen spoegverlies en Sorbolene, al Pa se klere en sakdoeke en toiletgoed, pantoffels, die prente teen die mure mag seker maar gelos word, alles gaan oorgepiekel moet word. Die bed heropgemaak en kussings geskik en laastens: die brose liggaam. En dan die morrery as jy hom net effens verkeerd vat. En nóú. Dit moet alles nou gebeur. Die tjek wat hy wil vra, sy berekende versoek, begin agtertoe skuiwe. Hy begin water trap.

Hier voor hom het hy ’n man wat nog nooit bekend was vir sy takt nie, altans nie in sy eie huis nie. En nou wil hy dat hulle hom trek as die week net mooi begin opvou, die dag so te sê al verby. En sy pa weet voor sy siel Vrydagaand is sy en Jack se uitgaanaand. Deel van sy plan was dat hulle met ’n dubbel-brandy sou begin, ’n shooter of wat tussenin, dan ’n yskoue bier. (Die tjek mos in sy sak.) Teen skemer sou hy kom groet, sy pa se hand in syne, oorgetrek, so voel dit, met dun, wit, siek papier. Vat my kar, sal Pa soos altyd sê. En al weet Mattheüs vooraf hy en Jack gaan dronk word, sal hy hom nogtans vat.

Die studeerkamer is aan die suidekant, die hoofslaapkamer met badkamer is aan die noordekant van die huis, wat beteken die matras en onderstel moet van daar af al af met die gang tot by die ingangsportaal gedra word en dan links tot in die studeerkamer waar goed verskuiwe gaan moet word om plek te maak vir die dubbelbed en alles. En wat nou van ablusie en toilet toe gaan, het hy nou al daaraan gedink? Tot drie maal snags hoor hy Pa se toilet spoel as hy diepnag op sy komputer swerf.

Sommer vanmiddag nog, dan is dit agter die rug. Ek vra nie baie nie, jong. Aan die einde van die opdrag kom daar net ’n frai­ing van ’n huiwering. Dit word, weliswaar met ’n graadverskil, iets tussen ’n versoek en ’n opdrag.

Hy gaan plaas die skinkbord met die tamatiebredie op sy pa se skoot. Die bredie is gemaak volgens sy ma se resep op bladsy drie uit haar resepteboek, verslete van vat. Al verskil is die stampsel komyn wat hy byvoeg. Hy haak die lapservet by sy pa se pajamahemp in; hy kan die siekte aan sy liggaam ruik. Dan gaan sit hy op die houtstoel met panele op sy flanke en ’n verstelbare rug en twee vet kussings, die soort wat jy raakloop in Afrikanerhuise waar daar nog getraak word om iets van vanmelewe oor te hou. Die stoel sal na sy suster gaan, wat oukei is, hy kry die huis.

Toe hy die fronsie sien kom, spring hy weer op en verstel die skinkbord. Die bredie het geskommel en oranjerooi halfmane gemaak al op die lip van die bord. Pa se hande fladder tegelykertyd nader met vingers wat oor die skinkbord tas, en hy snuffel om vas te stel waar is wat en wat is wat.

Mattheüs gaan sit weer. Anderkant die Franse dubbeldeure wat altyd vir vars lug oopstaan tensy dit storm, is daar die gekrulde smeedyster-sekuriteitshekke waardeur jy kyk op ’n klein fyntuin met fontein, op fynblomme, wit en ligpienk en geel en so aan, en twee kiewiete op die lappie grasperk wat agterkom oë kyk vir hulle en ’n keel opsit, ’n voëlroep waarvan Mattheüs slegs positiewe konnotasies hou, maar wat nou wanklankig in sy oor boor: sy pa se versoek gooi hom, verswelg sy vermoë tot regdenkendheid so­dat dit uitsluitlik bevel word en soortgelyke ouer bevele uit sy en sy pa se geskiedenis oprakel en hom verder daarmee toegooi.

Intussen het Pa vasgestel wat daar is om vandag sy innerlike mee te versterk en in plaas daarvan om sy mes en vurk op te neem en soet te begin eet, klem sy pootjies aan die handvatsels van die skinkbord en laat sy vel oor been strek en deurskyn. Dun, dún. Die ringvinger lankal sonder ring weens gewigsverlies. Klem, laat los, klem en laat weer los.

wolf_afr.tif

Hy wat ingestel is op Pa se álles verstaan die aksie: die versoek het ’n bevel geword. Ingegee met al die kragdadigheid, of sagter gestel, die gesag van ’n man wat gedurende sy lewe kon hiet en gebied en sy personeel, tot vyf-en-twintig eenslag as hy reg onthou, het geweet wie praat dan en in hierdie einste huis het gestaan verordeninge en opdragte, omdat ek vir julle lief is, om te sorg dat die twee kinders uit sy saad op die smal, reguit pad bly; en ten laaste was daar ’n spesiale klomp net vir sy vrou, matriarg in eie reg, maar uiteindelik moedeloos. Fok.

My kind, Pa rig weer sy gesig op die plek waar hy skat sy seun se kop moet wees, daar waar hy nog net so op die houtstoel sit wat Sissie definitief gaan erf, kom hierso na Pa toe, asseblief.

Die versoek wat uitgeswel het tot bevel word getemper en opnuut tot versoek gemaak. Dis Benjamin Duiker, wat besef hy is uitgelewer aan die genade van Mattie, net hy noem hom so, en aan Samantha. Samantha wat Vrydae net ná eenuur, dit wil sê nou-nou, gaan opdaag en voortwerk in haar ma se voetspore; antie Mary wat weens artritis-kloue die stryd om hierdie huis piekfyn en kraakskoon te hou gewonne moes gee.

Pa wil hê hy moet by hom kom sit. Naby genoeg sodat hy in die liggaamsnabyheid van sy seun kan kommunikeer, al egte manier wat vir hom oorgebly het. Terwyl hy wag op Mattheüs, bly sy ooglede geslote oor die glaserige, blinde oogballe.

Soms gly hy wel sy ooglede boontoe, en die blik op dit wat Pa se oë geword het, voorheen soelgroen en indrukwekkend, laat Mattheüs omtrent wegkwyn al het hy hulle hoeveel maal al so gesien.

Getemper. Die bevel is verdun tot ’n betreklik milde versoek. Niks meer nie. Die versoek, sekerlik een van die laastes, van ’n ou man wat sy einddae in sy studeerkamer wil slyt. Smeek is dit egter nie en kan dit nooit wees nie. Mattheüs sal verleë staan as hy sy pa ooit moet hoor smeek.

Die boeke daar in die studeerkamer, nou ook nie so veel nie, dies oor bome, Pa se liefde, en oor karre, sy eerste liefde, en dan die gewone, bekende biblioteek: Langenhoven, die volledige reeks, en Pakenham se boek oor die Boereoorlog en Voëls van Suid-Afrika en Shell se Vetplante in die Karoo en Goldblatt se Some Afrikaners Photographed wat Pa as ’n skandalige slegmaak van sy eie mense beskou het, en ’n konkordans van die Bybel waarin jy die oorsprong van ’n term soos sjibbolet kan naslaan. Party hoër rakke het nie boeke op nie, Pa was nooit ’n groot leser nie, ook nooit tyd gehad nie. Op dié rakke het hy geplaas ’n White Horse Whisky-perd en ’n ry modelkarretjies, almal Mercedese. As kind was sy hartklop-karretjie die convertible, ’n rooie met ’n suèdekappie wat jy met ’n hakie kan losknip en agtertoe stoot en daar sit die bestuurder en sy meisie en op die agtersitplek nog ’n paartjie, en Pa se hand heeltyd bo-op sy vinger om hom te lei, te sorg dat hy die kappie versigtig agtertoe stoot sonder om dit te breek. En hy kon ’n ruk daarmee speel en dan’s die convertible weer teruggeplaas, buite bereik.

Dis nie net oor die boeke dat Pa soontoe wil trek nie, dis oor die sfeer van die vertrek. ’n Sigaaragtige, manlike sfeer, ’n binnesfeer, jy ís iewers as jy daar is. Die lang fluweelgordyne is goudkleurig en sy lessenaarstoel met die wye rug gestoffeer met goudbrokaat wat jou kaal binnebeen krap. In High Society, het Pa hom vertel, sing Frank Sinatra en Bing Crosby daai Cole Porter-lied in so ’n studeerkamer. Bietjie afgekyk. High society – Pa lag.

wolf_afr.tif

Hy wil iets aan Mattheüs duidelik maak, iets oor homself. Geen geheim nie, net ’n verduideliking. ’n Ínkyk. Maar hy hou terug. Die séún trek hom terug. Hy wil nie inkyk, nie te naby aan sy pa kom nie. Mattheüs begryp dit nou en ook nie.

Daar is ’n beskilderde balsahoutboksie havanasigare met sewe in, sewe so lank hy kan onthou, en tussen die twee mure met hulle boekrakke, die plasing nes in High Society, ’n kaggel, en links daarvan die drankkabinet. Sy pa s’n ingebou in die muur wat jy dan kan oopsluit en sy deksel word ’n blad vir skink. Meestal sterk drank, KWV-tienjaar en nog ouer brandewyne waaraan hy en Jack hulle soms ruimskoots besondig.

Dis oor die atmosfeer in daardie vertrek, daarnatoe wil hy terug. Dink soos ’n man dink, dáár. Elders ook, maar daar ongestoord en sonder opposisie. Terug daarnatoe. Somme daar gemaak, dié het hy solank hy sakeman was; dit was sy lewe. Groot somme geld daar geskuif. Bedagte briewe uitgetik op die Olivetti. Lus en begeertes, veral as die fluweelgordyne toegetrek was. Dit ís daar, Mattheüs weet dit vir ’n feit. ’n Vrou kan in jou gedagtes daar opgeroep word en alle moontlike maneuvers wat jy met haar lyf kan uitvoer, kan daar uitgewerk word. Hy’t eendag sonder klop ingestap gekom by die halfoop dubbeldeur en Pa en oom Diek Smuts, ook karverkoper, het sulke lekker skunnige goed opgedis, hulle dasse was losgetrek, moue kwartpad opgerol oor behaarde voorarms (Pa s’n), baadjies uitgetrek en opgehang aan die rak met krulhake links as jy inkom by die dubbeldeur, die kop van ’n springbokram regs van die deur, gemonteer teen die roomwit muur.

Pa het in die praat opgehou en sy seun aangekyk. Hy kon toe enigiets vir hom gesê het. Sy mond was oop met die woorde wat daarin hang. Minagting, enigiets fels. Dis nie uitgespreek nie, hy sal nooit weet wat dit was nie. Net: hy’s nie die kring binnegelaat nie. Ag my magtig, hy’s mos groot genoeg, Bennie, sê oom Diek toe. Oom Diek het die punt gemis. Dit het nie om groot genoeg gegaan nie. Sy pa wou hom binnelaat, wou dat hy sy tasbare sjarme ervaar, sy drif en deursettingsvermoë en beginselvastheid, alles wat sy manlike ego gekonstitueer het, maar soos by ’n dier het instink hom daarteen gewaarsku: jy’t hier met ’n anderster soort skepsel te make. Dit was alles op sy tong, in sy blik: sy seun, uit hom, sy vlees en bloed. Hoe, liewe Here, het dit dan so gekom?

Oom Diek maak toe sy glas leeg en gaan skink ’n varse by die kabinet. Oom Diek se manstem hang nog daar in die studeerkamer. En Pa s’n, van toe en van alle vorige kere; alles daar dra Pa se stempel. Daar is niks vrouliks in of aan daardie vertrek nie. Selfs lank gelede as Ma tuinrose in ’n vaas kom insit het, het die roos­blare van watter kleur en geur ook al spoedig ’n gekneusde, blas, byna olierige gestalte verkry. Dis die vertrek in hulle huis wat hy die meeste vermy het as Pa daar was, waar hy die meeste gaan snuffel het as Pa nie daar was nie, daar het hy gaan uithang, slap brein, gordyne toegetrek, dubbeldeur toe, in skemerte pregnant en aromaties hoor hy dan ’n perdeby sy modderkokon bou bo-op die kopkant van ’n boek wat in onbruik daar stilstaan. Syne gaan die studeerkamer word. Hy kan nie wag vir dié trofee nie. Die Slag van Bloedrivier-prent, dié kan maar waai. Net hier en daar ’n bietjie vat: hy weet presies hoe hy dit gaan herinrig.

Neem maar weer weg, asseblief, Mattie.

Pa het vanoggend net een snytjie dun roosterbrood geëet. Wat van ’n gekookte eier? Nog van Sissie-hulle af. Plaaseier.

Ek kan nie eers aan ’n eier dink nie. Dit maak my net naarder.

Dis die chemo, Pa.

Hy verwyder die skinkbord van sy pa se skoot, net op die oewer van die bredie so ’n bietjie gekrap, skuif sommer die goed op die spieëltafel met die hoek van die skinkbord weg om dit daar te los, en sê: En hoe gaan Pa miskien regkom in die nag as Pa ’n draai moet gaan loop? Hy kom sit uiteindelik langs die hand op die wit deken.

Jy moet jou nou nie meer so ontstel oor goed nie, Mattie. Jy’s so liggeraak. Pa kom dit agter. Pa wil hê jy moet nou gelukkig wees, my seun.

Toe het hy geweet dat hy gelyk het in die saak. Hy’t namens sy pa gedink en tot sý gevolgtrekking gekom. Om vir hom gedurende sy laaste dae die tjek te vra vir ’n besigheid, ’n takeaway wat goed­koop, gesonde kos bedien, gaan net ’n plesier wees vir die man.

Pa se neusgate rek al twee om asem in te vat. Hy kan dit hoor ín, anders as syne, en behoeftiger. Mens kry deesdae van die nuwe, moderne kommodes. Hulle is van plastiek gemaak en hulle ruik omtrent nie. Dit kom met chemikalieë. Ek wil graag in my studeerkamer wees as ek gaan. Jy weet mos, my kind. Dit was altyd Pa se ou wegkruipplek daardie as die storms broei. My kind. Sy hand soek-soek en daal tot op Mattheüs se pols.

Chemikalieë? Maar Pa antwoord nie. En die woord bons terug met sy ongenadige ggg-klank en hy weet dit was onnodig om dit te vra. As hy wil, kan hy sy pa skuiwe.

So sit die twee. En Mattheüs besef teen die tyd dat hy definitief Pa se versoek gaan uitvoer al is dit nou ook Vrydagmiddag, Samantha moet nou maar dié slag die skoonmakery laat staan.

Van die begin van die Vrydag af, eintlik was dit die vraag waarmee hy hom wakker gestoei het, was daar net sý versoek. (Dit brand hom amper.) Óf hy moet nou die kans benut en klaarspeel, netjieser kan jy ook nie: ’n versoek van sy pa, en ’n teenversoek van hom. Met ’n antwoord waarop gewag sal word met ’n maagomdolwende sensasie, amper soos wanneer E inskop. Óf hy moet wag totdat hy die ou man eers ingerig het, en dít kan hy, hy’t ’n talent vir gesellig maak. Hoe dit ook al sy: die tyd is ryp. Vra maar sommer nou jou vragie, boetman.

Mattheüs kan naderhand die kouer wordende bredie, die lamstjopvet wat wit eilandjies bo-op die oranjerooi vetlagie van die brediesous maak, op die bord op die skinkbord ruik. Onaangeraak. Pa wou altyd dood oor Ma se bredie, en laat hy nou maar ’n ding sê soos hy is: hy maak hom net so lekker. Pa se hand op sy pols is net weg van menswarmte, die vel binnekant die palm so week dat jy dit met jou twee duime van mekaar kan wegtrek en skeur.

Dit is dan die oomblik. Dis op sy tong: Pa, ek het net gewonder of Pa dalk ’n tjek vir my kan uitskryf. Die sin. Nou. Dit kán. Die woorde klaar gevorm binne-in ’n laag spoeg. Dit het hom vanoggend presies tien minute gekos om die sin te formuleer soos hy nou daar staan. Tjek. Die hele sin wentel net om daardie woord. Maar hy, hý. Hy het nog altyd in sy pa se teenwoordigheid geweifel.

Hy probeer sy asemhaling met sy pa s’n sinchroniseer. Pa s’n snik-snik, pluk aan die beskikbare lug in die slaapkamer. Dis onmoontlik. Al wat moet kom, is Pa se handtekening regs onder op die lyntjie. Dis hoe eenvoudig dit is. En hy kan nie. Hy wil dat hy sy wil deurvoer. Kan nie. Uit sy armholtes loop sweet al langs sy sye af. Onmoontlik.

Vandat hy teruggekom het van oorsee, eintlik nog voor dit op die vliegtuig, een botteltjie shiraz, een Windhoek Lager, toe nog een, toe verdwyn die trollies, het hy dit alles reeds uitgewerk. Want om in die land aan te kom sonder ’n plan vir werk is desperaat verby. Dus: ’n duisend keer al. So. Hy sal Pakenham se groot fotoboek oor bome gaan haal, die laaste een wat Pa deurgeblaai het en toe nog gesê het: Nou’s dit verby, Mattie. Die prentjies skif. Gaan sit maar eers weg, asseblief. Op sy plek. Jy weet mos waar, en die boek op sy skoot kom sit as ’n skryfblad en die tjekboek uit die regterkantste bedkassie haal en daarop oopvou en Pa se hand lei tot by die begin van die lyntjie. Die tjek teen daardie tyd klaar deur homself in drukskrif uitgeskryf. Ontvanger / recipient: Mattheüs Duiker. Die bedrag van / the amount of: soveel en soveel, alleenlik. En dan die handtekening, dis wat hy soek. Hy spring skielik op en ja na die dubbeldeur, waai met die arms na die kiewiete; hy kan hulle donnerse gekyf nie meer uitstaan nie.

Wat’s dit nou, Mattie?

Net in die laaste tien dae of so het die stem, altyd gerond en gelade met aksentuerings en stembuigings so eie aan sy pa, plek-plek begin verskraal. ’n Woord val uitmekaar, sê byvoorbeeld die r in doringboom, en word stomper, ontdaan van uitdrukkings­krag. O, hy wou sterwe toe hy dit die eerste slag agterkom. Sy pa, ag, hy wou hom teen hom vasdruk. In sy slaap het hy daardie nag gehuil, sy kussingsloop met soutspoor gevlek teen dagbreek.

Die vraag op sy tong meng met die afwagting op die finaliteit wat die handtekening sal besorg sodat hy helderheid verloor en die volgorde van die twee self begin vermeng, en van agter, van agter die rug van sy stoel, verrys iets wanskapigs met skouers en arms aan die skouers, ’n massale ding: dis die vergestalting van sy mentaliteit van huiwering in die teenwoordigheid van Benjamin Duiker. Nou, voorheen, en nog altyd. Hy vrees hy gaan nie gevra kry nie. Dis ’n vrees wat hy verag: dat dit so ín hom steek.

Wag. (Dit het reeds futiel geraak.) Die ses-en-sewentigjarige hand gaan nie opstaan uit sy rusposisie op die deken en in beweging kom, die handtekening gaan nie gemaak word nie. Dié handtekening: BDuiker, met die gespierde, opwaartse stam van die B en dit wat kragtig uit hom groei: twee perfekte halfsirkels, die onderste een effe groter om die balans van die vernaamste letter van die handtekening te fundeer. Die handtekening vloei dan verder aan van die onderste, sterker halfsirkel na die boonste, oorhangende balkie van die D sodat die D as’t ware uit die onderste, halfsirkel van die B kom, sonder dat jy ooit kan sien hoe dit uitgevoer word, en van daar elegant na heel onder uitswaai en uiker in eweredige letters uitgevoer word, elke letter met ’n perfekte leuning na regs.

Op flenters papier, of skielik terwyl hy sit en lees, gryp hy soms ’n potlood en probeer die handtekening namaak, ’n bevlieging weet nie van waar af nie, sê byvoorbeeld heel boaan op die blanko deel van die bladsy van die boek wat hy besig is om te lees. BDuiker. Syne is pateties. ’n Gevalle swaan of iets.

As hy alles, álles van Pa vergeet en gebêre het, en hy bedoel werklik alles, al die verwyte en onbegrip en ou, ou verontregtings en misverstande en al daai kak, al die onuitgeklaarde goed, en hy weet daar gaan baie wees, en al die ander honderd-en-een gevoelens, ook sy empatie, sy meelewing met ’n man soos sy pa, dan sal hy steeds daai handtekening koester. Dis suiwer, dis wat dit is. Dis manlikheid, die essensie daarvan, wat so ’n handtekening kan voortbring.

Die binnekant van Pa se palm het van temperatuur verander deur so lank teen sy eie polsvel te lê. En hy is self seker omtrent by koorspunt, so angstig het hy geword oor sy verlore kans. Die simpelste vraag denkbaar, dertien woorde altesaam, die een Pa kan hy maar uitsny. En nie eens meer spoeg kan hy dit uit nie. Teen vanaand gaan hy hom siek verwyt.

En teen môre herhaal die selfgeskrewe drama hom van opstaan tot gaan slaap met al die grade van bravade en verspeling. Alles vir sy besigheidskonsep is in die fynste besonderhede uitgewerk, insluitende sy verskaffers en resepte, de lot, hy wag net op die geld. Die bedrag is nie te konserwatief geskat nie, hy het rekening gehou met die wis en die onwis. Diverse, soos hulle sê. ’n Meer ideale perseel vir sy konsep kan jy nie kry nie: Te Huur / To Let, die hoekwinkel op Main- en Albertynstraat, Observatory, met uitsig op Groote Schuur, nie dat dit saak maak nie. Was voorheen ’n vis & tjips-winkel, wat wel relevant is, want dit gaan makliker wees om ’n restaurantlisensie te kry. Die vraag is net hoe lank gaan die perseel nog so vakant staan en wag vir hom.

Eenuur, toe Samantha instap, kondig hy onmiddellik aan dat sy maar alle stofsuiery en afstoffery kan laat staan, die ou man het gepraat.

Sy is nie die soort wat jy kan verras nie. As mister Duiker, so noem sy hom, dit so wil hê. Sy’t haar pers vinielrugsakkie by haar, hy weet ná die tyd gaan sy gewigte pomp by die UCT gym, synde ’n deeltydse student in Omgewingswetenskap.

Hulle werk vinnig en vlytig. Uit die gastekamer se hangkas rol sy ’n klerestellasie waarvan hy al vergeet het en gaan sit dit in die studeerkamer. Hemde, baadjies en langbroeke aan hangers word in bondels aangedra, gesorteer volgens soort en opgehang. Uitgaan-, kerk- en slenterskoene in pare onder die klerestellasie. Die bedkassies, al twee. Met die medikasie is hulle ekstra versigtig, Samantha sonder dat hy dit eers vir haar hoef te sê. Hulle besluit die dubbelbed sal voor die venster staan waar ’n bietjie oggendson val, en skuif die kring kuierstoele na regs. Heeltyd soos hulle in- en uitkom en vat en uitdra, lê sy pa klein en broos daar, en teen die vyfde of sesde keer toe Mattheüs inkom, sy pa se gesig altyd maar doodser, die vergelyking is onvermydelik, kry hy hom bitterlik jammer. Dié keer kom maak hy sy toiletgoedjies bymekaar wat na die gastetoilet naaste aan die studeerkamer sal gaan.

Pa? vra hy.

Die hand lig van die deken en wys, niks nie, niks, en gaan lê weer. Dit is heel moontlik sy laaste reis dié.

Die houtstoel los hulle eers. Dis waarnatoe hulle hom sal help om daar te sit en wag terwyl hulle die bed met al sy dele skuif. Teen drie-dertig kom Samantha met ’n skinkbord in, tee en ’n melkskommel vir mister Duiker. ’n Soort melkskommel gemaak met Sustagen Hospital Formula wat Pa op voorskrif moet drink; aarbei het hom naar gemaak, sjokolade buite die kwessie, vanielje kan hy net nog sluk. Mattheüs bedank Samantha vir die tee. Hy verwag nie veel meer van haar nie as hallo en koebaai; instruksies kry sy van haar ma, betaling direk in haar bankrekening of soms, skofeinde, ’n pasella via hom via sy pa uit die laai van die bedkassie, uit sy beursie met die goue gespe.

Hulle kom help elk met ’n hand onder sy vlerk en vou die laken en deken intussen weg, flou menswarmte walm uit die beddegoed op. Met die opkom en sitmaak van die liggaam val die gulp van sy pajamabroek oop sodat die grys beharing en vlees kortstondig te siene is. Samantha is die een wat raakvat en die pajamalap weer toevou op sy plek.

Sy ís haar ma se kind. Antie Mary was en is seker nou nog erg oor Pa, geseënd haar siel in hulle huis in Jakkalsvlei Avenue, Athlone, en digby St Monica’s Maternity waar al haar kinders gebore is, vier altesame. Sy’t Pa op die hart gedra soos haar eie mense en ’n bepaalde soort sorgsaamheid met ’n bietjie flair en grappies (altyd) net so oorgedra aan Samantha; ’n hegte driehoek waarby Mattheüs nooit binnegelaat is nie. Dis dié dat hy nie eens na haar kyk toe sy sy pa se pajamabroek by die gulp verstel soos dit moet wees nie: dis iets tussen haar en Pa en antie Mary se nalatenskap en het boggherol met hom te make.

Pa op die stoel. Hy stut sy hoof met sy een hand.

Mister Duiker oukei daar? vra Samantha. Ons vat nou die matrassie oor en maak hom mooi op en dan kom haal ons vir meneer. Alles is sommer nou-nou verby.

Samantha, hoe gaan dit met jou studies? Sy hoof bly gestut in die kom van sy hand, hy praat teen sy hand vas.

Mister Duiker, dit gaan net goed. Ek slaag al my vakke. Vol­gende jaar is my voorlaaste jaar en die jaar daarna maak ek klaar. Samantha staan met haar hande op haar heupe in ’n styf­passende swart rekstofbroek van Adidas. Sy kyk na sy pa en Mattheüs kyk na haar deernis met sy pa.

Hy het nog die ding van die tjek in sy kop en kan dit nie wegdink nie. Positief gesien lyk die saak in dié stadium so:

— Pa is kapabel om sy versoek vir geld helder te oorweeg. As hy nie kapabel was nie, sou hy nie gevra het om geskuiwe te word nie.

— Pa het hom lief.

— Pa sal graag wil sien dat hy vorentoe kom, sy eie potjie krap. Dis nie asof Pa dink hy’s hopeloos nie. Enige besigheid is beter as hande gevou sit. (Daar is maar altyd die druk.)

— Om ’n takeaway met goeie, voedsame kos teen bekostigbare pryse oop te maak, is ’n edel saak. (Hy sal nooit so ryk soos Pa word nie, maar hy leef in ’n ander tyd waar mens moet uitreik en jou kant bring, of jy’s ’n nul in die samelewing.)

— Pa hét geld. G’n twyfel daaraan nie.

Negatief gesien lyk die saak so:

— Die trekkery, net die gedagte daaraan, het Pa so verswak dat hy stil gelaat moet word om dit te verwerk.

— Om die minste te sê, is dit onderduims om ’n man in verswakte toestand te verpes oor geld. (En dit weens eie swaktes. Is hy oortuig van sy sakekonsep of is dit ’n laat stuiptrekking van die dienswillige seun?)

— Pa het ’n voorskot vir hom gegee om oorsee te gaan, ’n moerse een. (Onthou nou, Mattie, dié’s deel van jou erflating eendag.) Toe hy in die moeilikheid was in Athene het hy nog geld oorgeplaas. Sissie weet tot vandag toe nie daarvan nie, maar sy vermoed.

Slotsom: Hy’s nie ’n meedoënlose mens nie en wil ook nie as een bekend staan nie. Hy moet Pa net uitlos. (Maar dit druk en kou aan hom. Hy het mos die geld. Hoekom nie? En is hy dan nie sy pa se primêre versorger nie?) Nee, hy kan ’n man in so ’n toestand nie vra nie. Dis uitbuiting, vergeet daarvan. Andersyds. Nee. Sit dit net uit jou kop uit. Elke ding op sy tyd. Maar dis nou so ’n ideale kans. Nee. Nee-fokken-nee.

’n Matras is ’n lomp ding om aan te dra en by ’n deuropening uit te kry, veral as sy een handvatsel half afgeskeur is. Buitendien kan jy die ding nie net aan sy handvatsels aangedra kry nie, jy moet hom ekstra steun gee aan sy onderkant waar jy nie kan bykom nie tensy jy ’n abnormaal lang arm het, met ander woorde jy moet hom iewers in die middel aan sy twee kort kante gryp, naels kan inskeur.

Maar dis mos queen size dié, wat praat jy nou so knaend van dubbel? Die kleur op Samantha se arms en nek is melkerige, ligbruin seesand en boonop begin sy giggel van die inspanning wat haar nog aantrekliker maak.

Samantha, hou nou net op asseblief, jy maak my lam, en hy begin self so lag kry in die gang met sy ou Kaapse kleiteëls en lopers, twee, dat die matras uitglip en skeef ondertoe gly sodat hy sy balans verloor, val, gaan lê en hom pap lag. Samantha daar bo laat staan ook eers en hou haar hand momenteel voor haar mond en hang dit dan

Enjoying the preview?
Page 1 of 1