Huisgenoot

Briewe

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 ‘EK KRY MY MA JAMMER’

So sê die dogter van Yolande Maritz, die Pretoriase vroedvrou wat deur die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad van die rol geskrap is weens wanpraktyke

Albei my kinders is in ons huis gebore. Die einste Yolande was my vroedvrou met my jongste seuntjie, nou agt jaar gelede. Ek is jammer as sy ander leed aangedoen het, maar ons het wel ’n goeie ervaring gehad.

DIANA

Waag dit asseblief om te appelleer. Net vyf sake van baie ander is aangehoor by die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad. Ek sal persoonlik sorg dat alle sake aangehoor word, al moet ek dag en nag daar gaan sit tot dit gebeur.

JACKY

Daar is baie vroedvroue wat droogmaak. Hier by ons is talle mammas wat hul babas verloor het ná ’n dag of twee as gevolg van geboortebeserings. Kraam eerder in ’n hospitaal waar daar hulp vir ma én baba is.

ANTOINETTE

In die geval van ’n krisis kan die ondersteuningspersoneel ontbreek. En dan moet die vroedvrou meestal alleen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related