Huisgenoot

DIE BEBLOEDE GASTEKAMER EN OPGEKAPTE LYK

SY KLEM die selfoon in haar hande vas asof sy met pure wilskrag die stomme handstuk met ’n boodskap van hoop kan laat biep.

Maar niks benewens haar papegaai se geselsies verbreek die doodse stilte hier in die eenvoudige Brakpanse huis nie.

In haar hart weet die verpletterde Ria van Deventer (59) dat sy nooit weer ’n vrolike teksboodskap of oproep van haar vermoorde dogter sal kry nie. Maar die soveelste keer lees sy daardie laaste WhatsApp-gesprek tussen haar en Yolandi Botes (35) asof dit die raaisel van haar dogter se laaste ure sal oplos.

Op 26 April, kort nadat Yolandi laat weet het sy het op Johannesburg se O.R. Tambo-lughawe geland op ’n vlug van George af, het sy spoorloos verdwyn.

Net meer as ’n week later, op 4 Mei, doen ’n pa en seun op ’n visvanguitstappie naby Villiers in die Vrystaat ’n grusame ontdekking in die Vaalrivier: die afgesnyde kop en ledemate van ’n vrou. Op die oorskot is ’n tatoeëermerk – ’n tatoe wat net Yolandi s’n kon wees.

Die nege dae lange soektog na Yolandi was verby. Maar dit was nog net die begin van ’n grusame riller wat die land geruk het, met bespiegelings oor ’n onthutsende kinkel…

Ria was histeries toe haar oudste dogter, Mariska Oosthuizen (40), ook van Brakpan, haar inlig: “Ma, sy is weg.” “Ek het amper hierdie veiligheidshek afgebreek. Ek het net aangehou om dit te ruk en te skreeu: ‘Here, hoekom het jy my kind weggevat?’ ” vertel sy snikkend.

Nou bly daar net al die onbeantwoorde vrae – en ’n ontstellende glimp op ’n geheime

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot2 min read
Ziza En Nickey Jacobs
EK HET my pa in 2004 in ’n ongeluk verloor. Hy het van Victoria-Wes Kaap toe gegaan om werk te gaan soek, en hy sou weer in Desember daai jaar terugkom, maar hy’s in November in die ongeluk dood. So toe is die broodwinner weggevat. Dinge was donker.
Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Marinda Engelbrecht praat oor haar vriendskap met Peter Veldsman, die befaamde sjef, kosredakteur en kookboekskrywer wat op 82 oorlede is Hy was ’n ware kosikoon, so innoverend en wêreldwyd gerespekteer. Saluut! My deeglik gebruikte versameling harde

Related