Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word
Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word
Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word
Ebook211 pages2 hours

Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Baie mense sukkel met die gedagte om tiendes te betaal, al het hierdie oeroue praktyk tot die legendariese rykdom van die Jode aanleiding gegee. In hierdie boek leer biskop Dag Heward-Mills ons hoe die betaal van tiendes met die beginsels van die skepping van die rykdom en die wonder van voorspoed verband hou. Geniet een van die klassieke werke van Dag Heward-Mills.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 29, 2016
ISBN9781613953075
Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word

Related ebooks

Related articles

Reviews for Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Waarom Christene wat nie tiendes betaal nie, arm word...en hoe Christene wat tiendes betaal, ryk kan word - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Ses redes waarom Christene wat nie tiendes 

    betaal nie, arm word

    1. Christene wat nie tiendes betaal nie, word arm omdat hulle niks het om te oes nie.

    WANT HULLE SAAI WIND, MAAR HULLE SAL STORM MAAI; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.

    Hosea 8:7 

    Voorspoed in sy heel basiese vorm bestaan uit iemand

    wat ’n saad saai en later die oes insamel. Wanneer jy nie jou tiendes betaal nie, word jy losgemaak van hierdie heel basiese beginsel van saai en oes. Wanneer jy nie jou tiendes betaal nie, doen jy jou finansies skade aan omdat jy die fondament van voorspoed wegneem.

    2. Christene wat nie tiendes gee nie, word arm omdat hulle nie seëninge in hulle lewe aantrek nie.

    BRING DIE HELE TIENDE na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’N OORVLOEDIGE SEËN SAL UITSTORT nie.

    Maleagi 3:10

    Om tiendes te gee, trek verskillende soorte seëninge aan omdat dit is wat die Woord van God sê. ’n Persoon wat geseën word, ontvang guns en word gehelp. Ons lewe op aarde is baie moeilik. Die farao het vir Jakob gevra: Hoe oud is jy? Toe sê Jakob die volgende oor sy lewe:

    En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd-en-dertig jaar. MIN IN GETAL EN VOL TEËSPOED WAS DIE DAE VAN MY LEWENSJARE, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.

    Genesis 47:9

    Job het ook gesê dat ’n mens se dae min en vol moeilikheid is. Selfs sonder ’n spesifieke vervloeking op jou lewe sal jy baie probleme en heelwat moeilikheid ervaar. Wanneer jy nie jou tiendes betaal nie, is daar geen seën wat die bestaande probleme in jou lewe kan teenwerk nie. Hoe kan jy in jou lewe goed doen as daar geen seën oor jou ellendige bestaan uitgespreek word nie? Moenie verbaas wees oor hoe die armoede in jou lewe vermeerder as jy nie tiendes gee nie. Die seëninge wat jou ryk maak en geen ellende oor jou bring nie, kom oorvloedig in iemand se lewe wat tiendes gee.

    3. Christene wat nie tiendes gee nie, word arm omdat hulle vervloek is.

    Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.

    MET DIE VLOEK IS JULLE BELAAI, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

    Maleagi 3:8-9

    Daar is ’n spesifieke vervloeking vir mense wat nie tiendes gee nie. Dit is een van die vyf en twintig grootste vervloekings in hierdie wêreld. Hierdie vervloeking op Christene wat nie tiendes gee nie, vererger net die bestaande veelvoud van vervloekings wat van Adam, Noag en ander geslagte op ons neergekom het. Die vervloeking op mense wat nie tiendes gee nie, werk saam met die vloeke wat jou ouers en voorouers oor hulleself en oor hulle nakomelinge gebring het. Amper almal van ons is nakomelinge van mense wat vir die een of ander rede vervloek is as gevolg van die dinge wat hulle gedoen het.

    Eendag het ek baie bekommerd geraak toe ek ontdek het dat dit waarskynlik was dat my voorouers slawehandelaars was. Ek het vasgestel dat daar ’n ou fort in my pastor se tuisdorp opgerig is wat waarskynlik vir slawehandel gebruik is. Uit die aard van die saak was ek die afstammeling van iemand wat nie as slaaf verkoop is nie. Ek was daarom waarskynlik die afstammeling van iemand wat sy eie broer verkoop het. Om jou broer te verkoop, sal sekerlik ’n vervloeking op jou familie bring. Het jy al ooit gewonder waarom plekke wat hulle broers vir snuisterye en spieëls verkoop het, vandag die grootste armoede in die wêreld ervaar?

    Wanneer jy nie jou tiendes betaal nie, bring jy ’n bykomende vervloeking op jou lewe. Moenie vergeet dat jy alreeds onder die vervloeking van Adam swaarkry nie. Jy worstel ook onder die vervloeking van Gam, as jy ’n afstammeling van Gam is.

    LIEWE VRIEND, HOEVEEL MEER KAN JY VAT? IS DIT NIE TYD DAT JY IETS DOEN WAT ’N SEËN SAL MEEBRING NIE? Jy het die seën van iemand nodig wat tiendes gee om al hierdie verskriklike vervloekings teen te werk! Is dit ’n wonder dat jy al hoe armer word as jy weier om jou tiendes te gee?

    4. Christene wat nie tiendes gee nie, word arm omdat sprinkane voortdurend hulle rykdom opvreet.

    EK SAL OOK DIE SPRINKAAN VIR JULLE AFWEER, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare.

    Maleagi 3:11

    Die grootste seën wanneer jy jou tiendes gee, is dat God die sprinkaan van jou afweer. Wanneer jy na die regeringsleiers van arm lande luister, kry jy die indruk dat al hulle probleme sal verdwyn as hulle net ’n bietjie meer geld gehad het. Ongelukkig is dit nie die geval nie. Plekke wat baie finansiële hulp ontvang, bly gewoonlik arm. Hierdie teenstrydige prentjie bestaan as gevolg van die onvermoë van die ontvangers om die geld te behou wat hulle ontvang.

    Kan jy jou voorstel wat jy nodig sou hê om ’n emmer te vul wat vol gate is? As rykdom beskryf sou word as ’n emmer vol water, sou jy geweldig baie water nodig gehad het om so ’n emmer te probeer vol maak. Maar as die gate toegestop word, het jy net ’n klein bietjie water nodig om die emmer vol te maak. Dit is die geheimsinnige seën van die sprinkaan wat afgeweer is. Nadat die sprinkaan afgeweer is, vra dit net ’n klein bietjie om jou ryk te maak. Wanneer jy sonder hierdie seën is, sal jy ’n beter werk soek en meer geld verdien, maar jy sal altyd in gebreke bly om ryk te word. Wanneer die sprinkaan afgeweer is, hoef jy nie eers so baie te verdien voordat jou emmer sal vol word en binnekort begin oorloop nie.

    Liewe vriend, dit is wat God belowe om vir jou te doen wanneer jy tiendes gee. Beweeg vandag weg van armoede af en ontvang die seën van die sprinkaan wat afgeweer is. Het jy al ooit gewonder waarom mense in hulle middeljare groter en vetter word? Dikwels is dit nie omdat hulle meer eet nie. Baie middeljarige mense gaan inderdaad op ’n dieet om gewig te verminder, maar hulle gewig neem toe. Wat is die rede vir die toename in gewig? Wanneer mense ouer word, word hulle metabolisme stadiger. Met ander woorde: die vuur wat die vet verbrand, word stadiger. As die vuur van metabolisme in die liggaam tien eenhede vet per dag verbrand het, mag dit verminder na vyf eenhede.

    Skielik begin jy om ’n bykomende vyf eenhede vet elke dag beskikbaar te hê. Met amper geen moeite nie word jou gewig meer en word jy breër en vetter. Dit is waarom jy iemand se ouderdom op grond van sy grootte kan skat. Wanneer jy ouer word, word jou metabolisme stadiger (die sprinkaan word afgeweer), en jou gewig (voorspoed) vermeerder.

    Mense wat nie tiendes gee nie, word inderdaad armer as gevolg van die feit dat die sprinkaan in hulle lewe nie afgeweer word nie.

    5. Christene wat nie tiendes gee nie, word arm omdat die vrugte op hulle land voortdurend vernietig word.

    Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, SODAT HY DIE OPBRINGS VAN JULLE GROND NIE SAL VERWOES NIE; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare.

    Maleagi 3:11

    Die sinlose verlies van wat jy deur vermorsing, swak bestuur, verwaarlosing, vuur, ongelukke, opstande, diefstal en selfs oorlog opgebou het, is pynlik maar dit is inderdaad die werk van die vernietiger.

    Een van die groot seëninge van tiendes is dat die vernietiger teengewerk word. Die vernietiger is die broer van die verslinder. Die verskil tussen die vernietiger en die verslinder is dat die vernietiger jou rykdom op ’n pynlike en sinlose manier laat verdwyn. Dit is meer pynlik om die vernietiger aan die werk te sien omdat daar geen sin is in die verlies wat jy ervaar nie. Begin om jou tiendes te gee, want God het belowe om die vernietiger teen te werk.

    6. Christene wat nie tiendes gee nie, word arm omdat hulle die vrugte verloor voordat hulle die geleentheid kry om dit te oes.

    Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare.

    Maleagi 3:11

    Nog ’n rede waarom mense arm word wat nie tiendes gee nie, is dat die vrugte van hulle oes verlore gaan voordat hulle die geleentheid kry om die oes in te samel. Mense wat nie tiendes gee nie, staan onder die vloek van die mislukte oes. ’n Mislukte oes is die mislukking om die toepaslike oes in te samel in verhouding tot wat jy daarin belê het.

    Iemand het met groot vertroue geleer dat jy ryk sal word as jy hard werk. Hy het voortgegaan: Mense wat nie ryk is nie, werk nie hard nie. Mense in ontwikkelende lande moet net hulle moue oprol en begin werk en voorspoed sal hulle deel wees.

    Maar as jy om jou rondkyk, sal jy ontdek dat baie mense hard werk en tog nie ryk is nie! Jy sal vind dat mense vir twaalf uur ’n dag hard werk en tog baie min verdien. ’n Paar myl van hulle af sal jy mense kry wat vir ’n uur op ’n dag werk en miljoene verdien.

    Ja, dit is waar dat harde werk tot voorspoed moet lei, maar in baie gevalle gebeur dit nie. ’n Busbestuurder in Swede verdien negentien keer soveel as wat ’n ewe goeie busbestuurder in Ghana verdien. Waarom is dit so? Waarom kry hulle nie dieselfde hoeveelheid geld vir dieselfde aantal ure in dieselfde werk nie? Waarom saai een ’n honderd sade en oes ’n honderd oeste en ’n ander een saai ’n honderd sade en hy oes drie en twintig oeste?

    Dit is waar jy ontdek hoe werklik mislukte oeste is. ’n Mislukte oes is die mislukking van iemand om die ooreenkomstige en toepaslike oes in te samel vir wat hy bestee het. Baie mense ervaar hierdie soort mislukte oes.

    Iemand wat ’n mislukte oes het, is dikwels nie in staat om die oorsake van die mislukte oes te beheer nie. Waarom verdien ’n Meksikaan so min vir sy moeite in vergelyking met sy medemens vyf myl daarvandaan oorkant die grens van Amerika? Waarom is dit dat die man in Amerika dieselfde hoeveelheid tyd en moeite as die Meksikaan inploeg, maar negentien keer soveel verdien? Die oorsake en oplossings vir hierdie dilemma staan buite die vermoë van ’n enkele mens om reg te stel. Maar die almagtige God belowe vir diegene wat tiendes gee dat Hy sal verhoed dat die oes sonder seremonie op die grond sal val. Hy sal nie toelaat dat jou vrugte voor die oestyd op die grond val nie.

    Is dit ’n wonder dat die gee van tiendes ’n belangrike sleutel op die pad van ware voorspoed is? Is jy verbaas dat mense wat nie tiendes gee nie, armer kan word wanneer hulle tien persent van hulle inkomste van God weerhou?

    Wat kan jy sonder die hulp van God doen? Hoe ver kan jy kom as God jou nie help nie? Dit is tyd om tiendes te begin gee sodat jou wins nie op die grond sal val voordat jy dit kan geniet nie.

    Hoofstuk 2

    Die vervloekings wat diegene agtervolg wat 

    nie tiendes gee nie

    Om nie tiendes te gee nie, stel verskeie verskillende vervloekings in werking. Baie mense dink dat net die vervloeking van Maleagi in werking gestel word as iemand nie tiendes gee nie. Maar om nie tiendes te gee nie, stel baie meer in werking as die vervloeking van Maleagi. Dit stel verskeie ander vervloekings in werking wat verwoestende gevolge het, en dit is waaroor hierdie hoofstuk gaan.

    Wat is ’n vervloeking in elk geval? ’n Vervloeking kan op baie verskillende maniere omskryf word. Hierdie twaalf definisies van ’n vervloeking sal jou help om te verstaan wat dit beteken om onder ’n vervloeking te wees. Ek kan my nie voorstel wat dit beteken om onder ’n veelheid van vervloekings te wees nie.

    Die twaalf definisies van vervloeking

    1. ’n Vervloekte persoon is iemand wat voortdurende frustrasies sal ervaar.

    2. ’n Vervloekte persoon is iemand wat met alles agter en onder is.

    3. ’n Vervloekte persoon is iemand oor wie ’n spesifieke kwaad uitgeroep is.

    4. ’n Vervloekte persoon is iemand wat met geheimsinnige fratsongelukke geteister word.

    5. ’n Vervloekte persoon is iemand wat deurlopend ’n mislukking is.

    6. ’n Vervloekte persoon is iemand wat aanhoudend verwerp en opsy gestoot word.

    7. ’n Vervloekte persoon is iemand wat nooit gekies word nie.

    8. ’n Vervloekte persoon is iemand wat nie in staat is om sy lewe weer in ’n positiewe rigting te stuur nie.

    9. ’n Vervloekte persoon is iemand wat van krities belangrike inligting beroof word.

    10. ’n Vervloekte persoon is iemand wat voortdurend aan die verkeerde opsie toegewys word.

    11. ’n Vervloekte persoon is iemand wat net slegte mense raakloop.

    12. ’n Vervloekte persoon is iemand wat altyd laaste is en altyd as die verloorder eindig, maak nie saak hoe hy begin het nie.

    Agt vervloekings wat mense volg 

    wat nie tiendes gee nie

    1. Mense wat nie tiendes gee nie, is vervloek met die vervloekings van Maleagi die profeet.

    Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

    Maleagi 3:8-9

    Een van die spesifieke vervloekings in die Bybel is Maleagi se vervloeking oor diegene wat nie tiendes gee nie. Hierdie vervloeking het te doen met die loslating van die verslinder, die vernietiger en die mislukte oes in jou lewe. Die verslinder, die vernietiger en die mislukte oes is in die vorige hoofstuk bespreek.

    2. Mense wat nie tiendes gee nie, is vervloek met die vervloeking wat oor diewe uitgespreek word.

    Die Bybel wys vir ons twee interessante vervloekings wat met mense te doen het wat steel. Een is die algemene vervloeking wat God oor diewe in die algemeen uitgespreek het, en die ander is ’n spesifieke vervloeking wanneer jy van God

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1