Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sandveldstories
Sandveldstories
Sandveldstories
Ebook141 pages4 hours

Sandveldstories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sandveldstories is ’n keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit Pofadder en Peddelford, Die pomporrel-kônsert en Bom Appeltiet op Eselspoort wat onlangs op RSG voorgelees is. Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Ferdinand Deist was ’n gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre landskap uitbars. Sandveldstories sluit 30 gewilde stories in.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJan 18, 2019
ISBN9780624087274
Sandveldstories
Author

Ferdinand Deist

Ferdinand Deist (1944–1997) was ’n professor in teologie aan die universiteite van Suid-Afrika en Stellenbosch. Hy is bekend vir sy komiese kontreistories oor die Sandveld en sy mense wat in Pofadder en Peddelford (1987), Die pomporrel-kônsert en ander Sandveldstories (1988) en Bom Appeltiet op Eselspoort (1989) gebundel is.

Related to Sandveldstories

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sandveldstories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sandveldstories - Ferdinand Deist

    Sandveldstories:

    Die pomporrel-kônsert en ander verhale

    Ferdinand Deist

    Tafelberg

    Die pomporrel-kônsert

    Vanlat ek kan onthou, het ons Sondae en by Woensdagaan’e se bidure oppie noot vannie serfyntjie gesing: Prys die Heer, en Gaan my nie verby, en – veral by begraffenisse – Oorkant ’ie waters. En Miss Walters ennie serfyntjie ’t voor gevat en ons oor ’ie hoë note van Hef aan en deur ’ie lae note van Wat ’n Vriend gehelp. Op perty plekke het ou Miss Walters, as sy die klawers klaar vasgedruk ’t, haar elmboë so weerskante toe gelat uitswai lat dit gelyk ’t of sy enige tyd gan opstyg. Dan’t die note so ge-trêêêk en gebe-e-we lat jou asem innie mittel vannie sin ’n slag opgeraak ’t. Dan’t jy mar ’n keer opgekom en asem geskep en weer ’n woord of wat vêder innie lied in innie note ingeduik sam m’t ou Miss Walters ennie serfyntjie.

    So ’t ons vir jare der jare angegan. Mar toe gjee die serfyntjie een Sondag die gjees. Die een oomblik het hy nog voor ’ie gemeente uitgeloop en bewe ennie volgenne oomblik toe hoor jy net Pfff en so ’n paar lae note. Toe skeur daai serfyntjie se hele mittelrif oop. Ek weet nou nie alte veel van mesiekinstremente af nie. Mar dit het kempleet geklink soos ’n kônsertina m’t ’n sny in. Miskien wassit gewees oorlat ou Miss Walters hom so gelat bewe ’t of miskien wassit mar sommer net van puur ouderdom gewees.

    Die kerkraad ’t toe vreeslik gevergader oorlat die gemeente toe al slegter gesing ’t. Een of twee vannie broers het gerekent lat ons vêder an sôner ’n instrement innie kerk moet klaar gekom ’t, want die een of anner vannie vorige doemenies sil dan glo geweet te vertel ’t lat ene Kilvyn, wat mos ’n kerkvader gewees ’t, so teen orkeste innie kerk gewees ’t. Mar die meeste vannie broers was van gedagte gewees lat ons gemeente nou vir eens ’n ordintlike instrement moet insit – veral oorlat die boere in daai tyd ’n heel skaflike wolprys gekry ’t en ’t miskien nie weer gou sil gebeur ’t nie. En ná omtrent so vyf of ses vergaderings vêder, is daar toe gebesluit lat ons gemeente ’n pomporrel innie kerk sil lat inbou.

    Dit was sommer ’n hele konsternasie gewees. Daar ’t allerhanne gelere mense gekom kyk na hoelat die klank innie kerk trek en hoet die koor nou van onner af sil lyk en waar die man sou sil sit wat die blaasbalk vannie orrel trek, solat sy gepompery nou nie die gemeente se aandag vannie verkonniging af weghou nie, en wat nog als. En toe, na omtrent vier mane, ’t die groen Chev-lorretjie daar angekom m’t ’n pakkasie van ’n vrag wat hom skoon topswaar gelat lyk ’t. En op sy deur was geskiller gewees: Vanner Hoogen Orrelbouwers.

    Vir omtrent ses weke ’t ons innie saaltjie kerk gehou solank die Hollanner die nuwe orrel ingesit ’t. Onnertussen is ansoeke gevra vir ’n anner koster, want jy’t die nuwe orrel se longe m’t ’n hefboom sam moet gepomp ’t lat die toutjie altyd oor ’n sekere streep gelê ’t – ennie óú koster ’t mos m’t ’n hygbors gesit sukkel. Oppie end ’t die kerkraad een vannie skoolmeesters, Meester Waalman, die pos gegjee.

    Nou, Meester Waalman was ook ’n Hollanner gewees en ’n man wat op sy punte en sy eer gesteld gewees ’t. Hy’t altyd elke aand assie weer daarna gewees ’t m’t sy kromsteelpyp en sy kierie m’t ’n blinkgepollieste koperknop innie straat afgeloop. En as jy hom gegroet ’t, het hy sy pyp uit sy mond uit gehaal, sy hoed m’t sy kierie-hand gelig en sy regterkantse hakskeen so liggies innie grond ingekap en dan gesê: Goede avond, mynheer – of jy nou al ’n kind gewees ’t of ’n grootmens.

    Ewentwil, die orrel is toe ingebou en Meneer Vanner Hoogen sil toe self die orrel inwy m’t ’n kônsert. Die mense ’t van waarvanna-af gekom om te hoor hoet die nuwe orrel vir Prys die Heer en Oorkant die waters sil speel. Die kônsert was in twee aflewerings gewees: Die eerste stuk was gewees van seuwenuur die aand tot agtuur. Toe was daar ’n breek gewees vir koek en tee en kôfie, en so by halfnege se kant issie tweede stuk gespeel.

    Seuwenuur, toe was tot die mense wat altyd laat gewees ’t virrie kerk klaar innie kerk gewees, en nalat die doemenie ennie konsellent ennie voorsitter vannie orrelboukommissie elkeen ’n woord gesê ’t, het Meneer Vanner Hoogen oppie galery opgeklim en Meester Waalman het die pompwerk agter ’ie pype gedoen.

    Meneer Vanner Hoogen ’t allerhanne goeters gespeel wat g’n wysie gehad ’t nie – glo vannie Hervormers se mesieke of iets. En Meester Waalman ’t gepomp. Offie Hollanner plek-plek sy note geverloor ’t en dan mar saggies oor daai stukke gegan ’t en of Meester Waalman ’n bietjie onegalig gepomp, ’t weet ek nie, mar nou wassit so sag gewees lat jy jou hand koppie moet gemaak ’t agter jou oor om te hoor offie orrel tog ’n geluid gemaak ’t, en dan’t die speul weer losgetrek m’t ’n gedôner lat jy jou wysvingers in jou oorgate moet ingegrawe ’t om te keer lat jou oordromme nie meegjee onner ’ie druk vannie geluid nie. Mar na ’n uur ’t die eerste sessie darem toe end gekry.

    Oor ’ie hele besigeit nou innie kerk gewees ’t, kan niemand mos nou hanne geklap ’t toet die eerste uur om gewees ’t nie. Mar Meneer Vanner Hoogen ’t sy manelpante so agter bymekaargevat en ’n buiging gemaak na die gemeente toe, al so of ons hanne geklap ’t, en toe m’t die trappe af gekom.

    Innie kerksaal laansan het Meneer Vanner Hoogen en Meester Waalman en nog ’n paar mense gestaan en gesels. En toe sê Meester Waalman: Wy geven hullie vanavond darem wat voor een kônsert, hè mynheer Vanner Hoogen?

    Wy? seg Meneer Vanner Hoogen. Hoe bedoelt u nou ‘wy’? ’t Is tog ik wat de kônsert gjeef, dan niet?

    Hmm, seg Meester Waalman en hy draai diékant toe m’t sy koppie en hy loop klop sy pyp oppie saal se treetjies uit.

    Na die pouse toet ammal nou virrie tweede sessie geloop sit ’t, toe loop staan Meneer Vanner Hoogen voor ’ie stoeltjie vannie orrel en hy gooi sy twee manelpante so weerskante toe uit voorlat hy gan sit, en toet hy sy sit gekry ’t, vleg hy sy vingers so agterstevoor immekaar in en hy druk sy arms so vorentoe of hy die een of anner oefening doen. Toe tel hy sy hanne hoog op en toe slat hy oppie klawers neer om nou sommer ’n groot geluid uit die pomporrel uit te kry.

    Mar daar is g’n stuk geluid nie.

    Hy skuif toe so bietjie beter reg en hy haal weer sy aksies uit en hy slat oppie klawers.

    Mar niks.

    Dis toe wat hy daar opvlie en ommie hoek vannie pype kyk en sommer so innie kerk sê hy vir Meester Waalman: Dingesverdomme! En daar sit u uwe pyp te roke? Waarom pompt u dan niet? Pompt tog de bloemin ding!

    En daar agter die pype vanna-af kom ou Meester se stem: Voortspelen, mynheer Vanner Hoogen, voortspelen! U gjeeft tog de kônsert, mynheer, niet wy?

    En terwyl hy sy hanne innie lug op goi seg Meneer Vanner Hoogen: Ou-ky, goed dan, mynheer Waalman, dan geven wy de kônsert! Pompt tog net de vermaledyde orgel! En toe storm hy weer na die orrel toe terug. En toet hy dié keer neerkap oppie klawers, toe brul daai orrel of jy al ou Miss Walters se serfyntjieklawers glyk ingedruk ’t nalat jy hom goed opgepomp ’t.

    Mar vir Prys die Heer en Wat ’n Vriend het ons nie daai aand gehoor gekry nie, solat niemand einlik te wete kan gekom ’t hoelat die nuwe orrel m’t die ou serfyntjie sam vergelyk nie. Daarvoor het ons mar tot die volgenne Sondag toe moet gewag ’t toet ou Miss Walters weer haar plek oppie orrelbankie ingeneem ’t.

    Ta’ Anna se wye tanne

    Die wyse Prediker vannie Bywel sê mos jy moet jou lewe geniet voorlat die dae kom wat jy van sil sê lat jy daar geen behae meer in ’t nie. Dis nou die tyd wanner ’n mens beginne sleg sien en hoogtevrese kry en sleepvoet loop en smôrs al m’t hanekraai sam wakker word en wanner jou tanne beginne stomp word.

    Ennie mensdom het van daai tyd af geprebeer ommie tyd waarvan jy sil sê lat jy daar geen behae in ’t nie, so lank moontlik uit te stel. Virrie sleg sien ’t hulle brille geloop maak en virrie sleg kou ’t hulle winkeltanne uitgevinne. Mar meeste vannie tyd maak dié uitvindsels lat jy nog minner behae het in jou oudag as die mense vannie Prediker se tyd – veral wat die winkeltanne angan.

    M’t winkeltanne sam issit mos nou so, lat diegene wat self die goed dra, nie onnerwys oor ’ie saak nodig ’t nie, en lat diégene wat dit nie dra nie, nooit sil verstaan kry wat lat die prebleme is wat m’t dié uitvindsel sam gekom ’t nie. Mar lat dit nie sommer so ’n prebleempie issie, is seker. Die dag wat jy daai twee stukke plestiek oor jou ghams lat glip, issit verby m’t die tyd wat jy ’n appel kan gebyt ’t lat die sop spat, en m’t die tyd wat jy ’n stuk biltong kan dwars gedrai ’t en sommer so ’n reep kan afgeskeur en gekou ’t. Dis ook ’ie dag wat jy heeltemal moet vergeet vannie lekker goed vannie lewe soos tamatiekonfyt en groenvyekonfyt. Want as jy daai groenvy so byt, issit so goed of jy stop ’n handvol spykers in jou mond in.

    Elkeen van daai duisenne pitjies kry ’n vasplakplek tussen ’ie plestiektanne en jou ghams en daar sit hulle op hulle se puntjies en m’t elke kou boor jy hulle dieper innie vleis in. Hoe meer jy hulle m’t jou tong sam uit jou tandvleise prebeer uittrek of na die kante toe prebeer uitskywe, hoe meer plak jy vannie pitte wat nog in jou mond gewees ’t onner ’ie plestiek vas en hoe meer pynplekke maak hulle oop.

    As ’n man m’t winkeltanne sam so ’n pynkyk innie oog kry en sy hand so onner sy neus bak maak en sy kakebene beginne beweeg, kan jy mar weet die Bywelwoord ’t waar geword: Daar kom ’n tyd wat jy van sil sê lat jy daar geen behae in ’t nie, selfs nie eens innie tyd van groenvyekonfyt nie.

    Dis dié lyding wat ou Ta’ Anna van Wyk gelat besluit ’t sy sil aan ’ie anner kant by die tyd vannie stomp tanne verbykom.

    Sy’t allie jare hier op Eselspoort innie wit huisietjie m’t die twee gewels ennie buitetrap gebly, net so skuins oorkant Jan Plesie se keffie. En sy’t in allie jare wat ek haar geken ’t nooit ’n inkilte tand in haar mond gehad nie. As sy aan ’t koue gegan ’t, het dit kempleet gelyk of sy die onnerent van haar neus m’t haar ken se punt sam sit krap. Mar wat geëet ’t, was Ta’ Anna. Daar was nie ’n dis wat sy verbygeloop ’t nie: hard of saf, tai of bros, sy’t die een m’t die anner kafgedraf. Van melktert tot styk en van tammeletjie tot growwe brood. En g’n nooit het jy vir haar – soos vir baie anner mense – ná ete m’t ’n bottel lewensessens

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1