Huisgenoot

DIE DRANK, DIE DAGGA EN DIE MEISIES

‘Daar was tye dat ek so gesuip geraak het dat ek vir ’n week van die huis verdwyn het. Niemand sou weet waar ek is nie, nie eens Anna nie. Ek sou op ’n drink-binge gaan en in stegies of vreemde huise slaap. Ek wóú gedrink raak; dit was die punt’

HY HET homself lank ’n rat voor die oë probeer draai – dat hy nie ’n probleem met alkohol het nie; dat hy net drink om die lewe te geniet.

Maar eindelik het Reynardt Hugo besluit om oop kaarte te speel oor die donker jare toe hy nie net teen die drankduiwel moes stoei nie; hy was ook verslaaf aan dagga.

“Ek het soms tot sewe zolle per dag gerook. Dan nooi ek girls en mense uit die bedryf na Herberg Hugo, soos ek my huis genoem het, en word hoog. Ek het hardehout gedrink en gevaarlike gras gerook – so gevaarlik dat ek soms gehallusineer het,” erken die bekende akteur en sanger vandag.

Nie net het hy homself in die donker jare van verslawing skade berokken nie; sy verloofde, An-Maré Roothman – of Anna soos hy haar liefderik noem – het ook skade gely en dít maak hom die seerste.

“Die drank en dagga vloei… Jy is bekend en daar is altyd iemand wat gewillig is. Ek het Anna meer as ’n paar keer verneuk.

“Willens en wetens – ek was skuim,” erken Reynardt

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru
Huisgenoot4 min read
Raaisels
WEN ’N BOEK VAN HUMAN & ROUSSEAU PLUS KOM IN AANMERKING VIR DIE MAANDELIKSE TREKKING VAN R1 000. NO 2 545 KOMPETISIEVRAAG Watter soort kunstenaar is ter sprake? As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Hui
Huisgenoot2 min read
Kalligrafie
Korrek. Kállos beteken skoonheid, en graphein beteken om te skryf. Kalligrafie is die kuns van skryf met sierletters. Dis hoe lank die dokument is waarop die amptelike rekord van koning Charles se kroning gedruk is. Die handgeskrewe dokument is vir d

Related