Karoobossie, ek wil jou hê
Eenvoud, het oorle’ Koos du Plessis geskryf, is die vreugde van die lewe. “Dis gee en neem net wat daar is; dis dankbaar eet van elke skewe snytjie brood wat liefde is.”
“Net so, ja!” prewel Antoinette. “Jaaa! Jaaa! Dis nés jy daar voorlees,” sê sy en knik-knik-knik haar kop ná byna elke woord. En dan, asof die agterdog van haar besit neem, ’n sug: “Dié gevleuelde gedagtes laat dit darem waaragtig idillies klink hier op Theefontein, nè.”
In die middel van die leefvertrek van haar beskeie wit huisie het die kruietrooster pas ’n skinkbord op pote staangemaak. Nou dra sy uit die kombuis vier borde, messe en vurke aan, gevolg deur ’n potjie rys en ’n groter knaloranje kastrol met stukke stowekarooskaap en aartappels.
“Dít is wat ons
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days