Tuis

Wat’s nuut

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.

LIG JOU HOED

Paradysvoëls was die inspirasie vir Paradise Lights (van links: Sunset, Sunrise en Lagoon; R6 800 elk, arrangestudio.co.za), wat met trots in S.A. gemaak word. Elke skerm het ’n goue lagie binne-in vir ’n warm gloed wanneer jy dit aanskakel.

Pst!

Nou ook beskikbaaar in die nuwe Paradise Floor Lamp.

Luukse linne

Mungo se nuwe Terracotta-linne, wat in klein maat vervaardig word, spog met ’n ryk, aardse pigment wat telkens verander soos die lig daarop speel. Die kraakvars gevoel van pasgeweefde linne ontwikkel mettertyd tot ’n weelderige ingeleefde sagtheid. Ons is dol oor die Kamma Linen-duvetslope (vanaf R4 885, mungo.co.za)!

SIEN IS GLO!

Always Welcome by Kortmarkstraat 108, Kaapstad, beslaan twee vloere van ’n 18de-eeuse erfenisgebou en bring 40 van S.A. se voorste ontwerper-vervaardigers byeen. Verlustig jou in ’n indrukwekkende versameling meubels, beligting en huisware in gestileerde vertrekke waar ontluikende ateljees soos Neimil, Deft, Node en Ananta Studio skouers skuur met gevestigde skeppers soos Dokter and Misses, Houtlander, TheUrbanative, Kino en MashT Design Studio. Daar’s ook ’n geskenkwinkel met kleiner items van onder meer Skinny la Minx, House of Harhaz en Okra Candle. Sien alwayswelcome.store.

Skuif nader

Die Vuti Stoel met sy klein rugleuning (vanaf R5 950, woodbender.com) het ’n gesofistikeerde plekbesparende ontwerp wat jou toelaat om nader aan die toonbank in ’n tuiskroeg of kombuis te skuif.

MODE BETREE BINNE-ONTWERP

Die mode-ontwerper Jessica Molebatsi se Noluthandomateriaalreeks is ’n Afrika-toile geïnspireer deur haar veelrassige familie en liefde.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis23 min read
Skeppend Met Deeg
Al lyk dié skepping alte indrukwekkend, is dit eintlik verspot maklik. Genoeg vir 1 groot krans • Voorbereiding: 15 minute Baktyd: sowat 40 minute • Oondtemperatuur: 180 °C • 650 g bereide brooddeeg• 1 blik (400 g) matige chakalaka• 250 ml gerasperde
Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf
Tuis3 min read
Hallo
’n Vriendin stuur nou die dag ’n boodskap: Hulle trek, “en wat maak ek met al my CD’s?”. Goeie vraag, tik ek terug. Daar is nie eens meer ’n CD-speler in my kar nie. En die een in my huis het pas die gees gegee. Kan mens dit ooit nog laat herstel? An

Related