Weg!

BOEKE EN MUSIEK

ONTMOET DIE SKRYWER

Don Pinnock is ’n bekende Suid-Afrikaanse skrywer, fotograaf en ondersoekende joernalis. Hy en Colin Bell het die omvattende boek

The Last Elephants saamgestel, wat tans wêreldwyd opslae maak en ’n direkte impak het op die bewaring van olifante reg oor Afrika, veral in ’n tyd dat die voortbestaan van hierdie spesie werklik bedreig word. Die boek het 42 hoofstukke deur van Afrika se voorste olifantkenners, bewaringsgesindes en ander betrokkenes. Die fotografie is uitsonderlik en herinner ’n mens hoe kosbaar olifante is.

Die Groot Olifantsensus van 2016 het jou hierdie projek saam met Colin Bell laat aanpak. Wat was die belangrikste inligting van die sensus? Ons het geweet olifante word in Afrika gestroop, maar die sensus se data het gewys op watter gruwelike skaal dit plaasvind. Dit was skokkend. Van drie miljoen tot vier miljoen olifante ’n eeu gelede was daar nou slegs 350 000 savanne- en 100 000 woudolifante oor. Stropers het sowat drie olifante per uur doodgemaak. Teen dié tempo is die vrektesyfer van olifante aansienlik hoër as die geboortesyfer, en dit beteken ons kan die einde van olifante

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related