In die See is ek naaste aan die hemel Bianca Buitendag
Bianca Buitendag leef deesdae die droom waarna sy so lank uitgesien het. Sy word soggens in dieselfde bed wakker, gaan na dieselfde koffiewinkel, sy’s omring deur dieselfde geliefdes, sy hoor dieselfde taal . . .
Ná baie jare as “lughawe-inwoner” (met ’n 30 kg-sak seilplanke op tou, op pad na ’n uithoek iewers in die wêreld) is sy eindelik finaal tuis. Boonop in “die mooiste deel van die mooiste land op aarde”, soos sy die Tuinroete beskryf.
Ek voel bederf, sê Bianca, en skuif met haar bakkie mieliepap reg vir ons Zoom-gesprek, haar soveelste onderhoud (50 plus tot op hede, skat sy) sedert sy einde Julie in Tokio die Olimpiese silwermedalje vir branderplankry om haar nek gehang het.
Die sewentiende gekeurde het die wêreld se verbeelding aangegryp toe sy midde-in ’n tifoon en “branders soos ’n wasmasjien” haar hart uitgesurf het, totdat sy die knie moes buig voor die topgekeurde Amerikaner Carissa Moore, teen wie sy ook as dertienjarige in haar heel eerste internasionale byeenkoms in Frankryk deelgeneem het.
“Die Spele was die laaste kompetisie van my loopbaan. Ek het vir my coach gesê as ek nie op die strand neerval daarna nie, het ek nie my álles gegee nie. Ek het uit die water gekruip strand toe.”
Bianca se uittrede beteken
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days