SARIE

KLAS VAN 2001

Met haar betowerende turkoois oë kon sy mense as tienermeisie skaars in die oë kyk. “Ek is nou nog skaam. Dis baie moeilik om uit my vel te klim en gemaklik te raak met mense.” Op skool het Candice op die atletiekbaan uitgeblink en die plan was om ’n kliniese sielkundige te word. “Maar toe het ’n kompetisie by die skool dinge in ’n ander rigting gestuur.”

Haar vriende by die Gelofte Skool in Pinetown, Durban, het haar ingeskryf om aan hul modeparade deel te neem. “Ek was die dag van die inskrywing by ’n begrafnis en het van niks geweet nie.” Ten spyte van haar ongemak op die loopplank is sy as Mej. Gelofte gekroon. Een van die pryse was ’n fotosessie deur ’n fotograaf, en hy het later die foto’s vir ’n modelagentskap gestuur. En dis waar haar warrelwindloopbaan begin het.

EK HET GELEER OM MEER TEENWOORDIG TE WEES CANDICE BOUCHER, voormalige internasionale model

Die modelwêreld is deurspek met drank en dwelms, maar haar goeie waardes het haar uit die moeilikheid gehou, glo sy. “Ek is baie dankbaar vir die mense wat oor my pad gekom het. Een of twee keer het ek saam met fotograwe gewerk wat dinge ’n bietjie ongemaklik gemaak het. Daar is lelike goed wat aangaan, maar ek het die regte mense om my en die regte mentaliteit gehad.”

Sy sê die stereotipe dat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related