DIE TUGELA BLY VLOEI
‘A AN die begin het baie mense aanvaar ons is polities gemotiveerd. Ná Juluka se debuut in 1979 het ek baie tyd daaraan gewy om te verduidelik dit het aanvanklik niks met politiek te doen gehad nie. Ek het nie die politiek gaan soek nie. Dit het my gevind.
Juluka was bowenal ’n konsep. Dit het gesê daar’s ’n swart en ’n wit ervaring, en ons moet ’n gesprek tussen die verskillende musiekstyle hê en ’n manier kry om ’n hibriede musiekstyl te skep.
Al is ons dalk in die smeltkroes van die apartheidstryd gestig, het Juluka se ontstaan geen politieke of bevrydingsfokus gehad nie. Dit het gespruit uit my eie ontwikkeling as iemand met ’n onvoorwaardelike liefde vir Zoeloemusiek en die oorlogsdanskultuur.
Die aanvanklike reaksie van Zoeloes – baie soos dié van wit mense – was dat wanneer ek die wettige ouderdom van 18 bereik ek van hierdie Zoeloe-romanse sou wegdryf en daarvan vergeet. Ek sou weer by die status quo ingelyf word – my kinderjare net ’n vae eggo van ’n verlore jeug wat deur ’n eksotiese vreemdeling se kulturele wêreld aangeraak is.
Zoeloes met skerper oë het ’n band raakgesien wat deur dans, stokgevegte en musiek in my ontwikkel het. Vir hulle was dit duidelik dit het my gevorm en sou my eindelik definieer. Hulle het die soeker in my oë raakgesien en die eerlikheid in my liggaam wat op dié misterieuse, gedissiplineerde tradisies reageer.
Wit mense wat my beskou het as iemand wat
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days