Weg!

BOEKE EN MUSIEK

ONTMOET DIE SKRYWER

Gerard Scholtz en sy vrou, Anuta, woon op Rooiels, maar het al derduisende kilometer met trapfietse, bromponies en soms te voet afgelê en meer as 70 lande besoek. Gerard is ’n afgetrede dramadosent en werk deesdae as die boekeredakteur by DEKAT. Sy debuutroman, Lig wankelend, is in 2010 gepubliseer. Sy nuwe boek, Hier gaat ons!, is ’n inspirerende reisboek. Gerard vertel meer.

Jy beskryf jouself as ’n toegewyde dokumenteerder. Wanneer het dié passie begin? Sover ek kan onthou, het ek dagboek gehou en briewe geskryf. Wanneer ons reis, skryf ek elke dag omdat beelde oor mekaar skuif en jy nie altyd kan onthou waar jy die vorige dag was nie. En ek is bang iets gaan verlore of dat ek vergeet.

Wanneer het jy en jou vrou besluit om saam te reis? Ons eerste reis saam was in 1972 toe ons as jong mense Champagne Castle (3 377 m) in die Drakensberg uitgeklim het. Dis 47 jaar gelede! Voor ons troue het ons ook op die Kylemeer in Zimbabwe geseil en in Mosambiek gesnorkelduik. Die gogga het toe reeds gebyt.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Onder Die Radar
“Suid-Afrika was die enigste land in die Gemenebes van Nasies wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vroue as soldate opgelei het,” sê dr. Wim Myburgh waar ons in ’n koffiewinkel op Pringlebaai sit en gesels. “En nie net in een nie, maar twéé spesialiskr
Weg3 min read
Die Mense Het Gepraat
Die wenners van die 59ste kompetisie Natuurlewefotograaf van die Jaar is einde laasjaar aangekondig. Maar met dié dat daar bykans 50 000 inskrywings was, het die beoordelaars besluit om nog 25 uitblinkers te kies, en lede van die publiek kon vir hull
Weg12 min read
Oor Grense Heen
Grense is eienaardige goed, oor die eeue heen het mense dit lukraak geskep om die belange van die groep binne die grens te beskerm en natuurlik om ander uit te hou. Kyk jy na ’n kaart van Afrika, sien jy telkens die mees dwaas van alle landsgrense: L

Related