Mattys Michielse Walters is op 23 Januarie 1930 op Moorreesburg in die Swartland gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Jongenskool op Wellington, en na skool gaan studeer hy aan die Hugenote Universi...view moreMattys Michielse Walters is op 23 Januarie 1930 op Moorreesburg in die Swartland gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Jongenskool op Wellington, en na skool gaan studeer hy aan die Hugenote Universiteitskollege op Wellington. Hy sit sy studie voort aan Unisa, asook aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 1972 sy MA-graad behaal onder leiding van prof. Merwe Scholtz. MM Walters gee onderwys in Natal, by SACS in Kaapstad en op Ladismith. Hy is daarna ’n dosent by die Onderwyskollege op Graaff-Reinet, Paarlse Onderwyskollege en die Universiteit van Kaapstad, tot en met sy aftrede. Sy eerste digbundel, Cabala, verskyn in 1967 en word met drie pryse bekroon: Eugène Marais-, Ingrid Jonker- en WA Hofmeyr-pryse. Hy het bekendheid verwerf as ’n satiriese digter, en daar verskyn later nog vyf digbundels. MM Walters het ook ’n hele paar dramas geskryf, asook reis- en kontreiboeke oor sy grootwordwêreld, die Swartland en omgewing.view less