Huisgenoot

JEFFREY ARCHER: MAN VAN SKANDES

VREEMDE sterftes, verraad, toesmeerdery, ontrouheid – dit klink soos iets uit ’n Jeffrey Archerroman, maar dis eintlik Jeffrey Archer self. Die topverkoperskrywer van Kane and Abel staar vanaf die panoramiese sitkamer van sy dakwoning van R800 miljoen oor Londen uit.

“Ek kyk soggens by die venster uit en dink: Jou gelukkige bliksem,” sê hy. “Jy het die gawe gekry om ’n storie te vertel en jy het dit alles gekry. Ek lei hierdie ongelooflike lewe.”

Maar “gelukkig” is nie heeltemal ’n raak beskrywing van die Houdini-agtige talente van Jeffrey Archer nie.

Hy was al alles van ’n polisieman, LOonderwyser, beeldpoetskonsultant en politikus tot meinedige en gevangene – om net ’n paar te noem.

Die uitsig vanuit sy woning langs die rivier is waarskynlik een van die bestes in Londen. Anderkant Tate Britain aan die noordelike oewer van die Teems is die sonbeligte dakke en glinsterende koepels en torings van waar hy sy opgang gemaak het.

In die mistige verte is Holloway, sy geboorteplek, die British Library met eksemplare van sy 46 boeke en dramas, die Britse Hoërhuis, waar hy in 1992 tot die adelstand verhef is, en die Britse Laerhuis, waar hy as parlementslid gedien het.

Daar’s ook bakens van die ander Jeffrey: Shepherd Market, waar hy ’n prostituut gehuur het; die Old Bailey, waar hy skuldig bevind is aan meineed; en verder langs die rivier af die hekke van die Belmarsh-gevangenis. Daar was hy twee jaar lank ’n gevangene, die outeur van sy eie ondergang. Hy het in 1987 onder eed gelieg en getuienis versin toe hy ’n koerant gedagvaar het oor bewerings

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot4 min read
Ongewerwelde Diere
KAN jy glo 97% van diere op Aarde het nie ’n ruggraat nie. Dit klink ongelooflik, maar dis waar, en jy sal sien dat hierdie ongewerweldes van die vreemdste en wonderlikste wesens is wat jy kan teëkom! Daar is nagenoeg 35 groepe ongewerweldes, en somm
Huisgenoot6 min read
Doodgewoon
DIS die middel van die nag, die middel van Mei, die middel van die neëntigs. Ons is in ons vroeë twintigs, op die N1 iewers anderkant Bloemfontein. Ver anderkant. Anderkant Welkom ook. Op pad na ’n vriend in die noorde. Die radio vang lankal net ’n g

Related