Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hidrobreking!
Hidrobreking!
Hidrobreking!
Ebook172 pages2 hours

Hidrobreking!

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Goldman Enterprises is een van die maatskappye aan wie 'n tender toegeken is om skaliegas in die Karoo te ontgin. Die eienaar, John Goldman, het een van sy direkteure, Anthony Faure, in beheer geplaas van die ontginning.
Faure, 'n harde, gewetenlose man wat nie huiwer om moord te pleeg nie, is op die FBI se lys van die mees gesoekte misdadigers. Hy het egter plastiese chirurgie ondergaan sodat hy nou onherkenbaar is. Dit plaas hom in die posisie om vrylik rond te beweeg in sy nuwe hoedanigheid.
Faure het met 'n skok uitgevind dat een van sy werknemers die seun is van 'n FBI agent wat deur hom (Faure) dood geskiet is in 'n hotel jare gelede, en dat die man warm op sy spoor is. Daarom vermoor hy hom en begrawe die lyk op die terrein.
Die leidster van die bewaringsgroep het intussen te veel vrae begin vra, vrae wat haar ontstellend naby aan die waarheid gebring het en sy word op 'n wreedaardige wyse om die lewe gebring. Sonder dat Faure dit besef, het dinge op 'n ander manier vir hom skeef geloop toe 'n ontsnapte misdadiger 'n wapen in 'n grot naby die ontginningsterrein afgevuur het, onwetend dat die gas stadig daarheen begin deursyfer het en dat dit ondergronds 'n kettingreaksie tot gevolg het......

LanguageAfrikaans
Release dateMar 5, 2015
ISBN9781310597619
Hidrobreking!

Related to Hidrobreking!

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hidrobreking!

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hidrobreking! - Theo van Biljon

    HOOFSTUK 1

    Met sy hande agter sy rug gevou, staar Anthony peinsend na die bedrywighede wat buite sy lugverkoelde kantoor plaasvind. Werkers is ywerig besig om kantore, laboratoriums en wooneenhede te bou. Die spoorlyn word vanaf Kaapstad gebou om die gas per trein te vervoer. Die hittegolwe dans in die verte en hy is dankbaar dat hy nie een van die werkers daar buite is nie. Sedert sy aankoms sowat drie maande gelede, het daar nog nie veel aktiwiteite plaasgevind nie, slegs ’n paar toetsgate is geboor. Sy maatskappy is een van díe wat die bod om hidrobreking in die Karoo te doen, gewen het,maar hul opposisie is knaend en hy vermoed dat hulle agter die petisies is om die projek te laat skipbreuk ly. Hy is reeds verskeie kere gekonfronteer deur organisasies, asook individue, wat probeer om die projek afgelas te kry. Juis om daardie rede het hy aan sy tuinboukundige opdrag gegee om met die uiterste versigtigheid te werk te gaan, om sover moontlik die plase wat aangekoop is, se flora te bewaar. Sy ander helpers sal die ou asgate opgrawe, die inhoud verwyder en eenkant hou, hy het reeds ’n plan van aksie om die aktiviste ’n paar harde houe toe te dien. Hy sal binnekort na Kaapstad moet gaan om die minister te spreek, hierdie onderbrekings strem die vooruitgang.

    Hy sug, besluit dan dat hierdie projek sy laaste sal wees. Hy sal genoeg geld he om iewers op ’n eiland af te tree. Hy staar onsiende in die verte en dink terug na sy jeugjare.

    Hy het in Rio de Janeio grootgeword, onbewus van sy vader se donker verlede. Daar was genoeg geld, hy het nooit ’n tekort gehad nie, totdat sy vader een nag dood geskiet is. Na sy vader se dood het sy ma alles aan hom vertel.

    Sy vader was ’n senior offisier in die Duitse weermag gedurende die tweede wêreld oorlog.Saam met ’n paar ander senior offisiere was hulle verantwoordelik vir die veilige berging van al die juwele en kosbare artikels wat van die Jode geroof is voordat hulle in die gaskamers vermoor is. Toe die dinge vir Duitsland begin skeefloop, het sy vader ’n groot hoeveelheid juwele geroof en uitgewyk na Mexico. Hy het die van ‘Moller’ aangeneem, as ’n Duitser wat geen ander taal kon praat nie, asook sy swaar Duitse aksent, was onmoontlik vir hom om enige ander nasionaliteit aan te neem. Daar het hy Conchita ontmoet. Sy was ’n kroegmeisie, redelik aantreklik, en toe sy sien hoe rojaal die Duiter onthaal, asook die fooitjies wat hy so kwistig uitdeel, het sy haar visier op hom gestel. Na hulle troue het hulle na Rio uitgewyk. Hulle het ’n klein plasie buite die stad gekoop en op klein skaal geboer. Die meeste van hul tyd het hulle egter aan plesier afgestaan.

    Sy vader is een nag in sy studeerkamer vermoor. Die motief vir die moord was onbekend, maar sy ma het vermoed dat dit van die oud-weermag offisiere, met wie hy tydens die oorlog saamgewerk het, kon wees. Sy vader se ware identiteit het eers na sy dood bekend geword. Die polisie het vasgestel dat sy ouers se dokumente vervals is en sy ma het geen keuse gehad anders as om die waarheid te vertel nie. Toe die regering verneem het wie hy regtig was, waarom hy in Rio gevestig het, het die belangstelling in sy moordenaar getaan. Die moord is nooit opgelos nie. Hy en sy ma is egter terug na Mexico gedeporteer. Alle geld en eiendom wat daar was is deur die regering gekonfiskeer en aan Israel se regering oorhandig.

    Die lewe in Mexicostad was hel gewees. Sonder geld of besittings het hulle in die agterstrate heenkome gesoek. ’n lewe van bedel en steel het gevolg. Gewoond aan net die beste, het Anthony begin soek na iets wat sy bestaan kon verbeter. Terwyl sy ma weer in ’n kroeg gewerk het, het hy sy planne beraam. Hy het sy fokus verskuif na die meer gegoede woonbuurte. Met die geld wat hy gekry het van die gesteelde goedere wat hy verkoop het, het hy ’n stel netjiese klere gekoop. Sodoende kon hy ongemerk tussen die rykes beweeg sonder om aandag te trek. Hy het reeds baie sukses behaal as sakkeroller, nou kon hy die vet beursies inoes.

    ’n Sagte klop aan die deur onderbreek sy gedagtegang. Sy sekretaresse loer om die deur. Jammer om te steur, meneer Faure, maar ek het nou net ’n oproep ontvang, ek is meegedeel dat die betogers die groen lig gekry het om ’n demonstrasie hier op die terrein te lewer, asook om ’n memorandum aan u te oorhandig. Ons prokureur het daarteen beswaar gemaak, want hierdie is privaat eiendom, maar Jozua het tussenbeide getree en goedkeuring gegee. Die demonstrasie sal aanstaande vrydag plaasvind.

    Anthony glimlag as hy dink aan die verontwaardiging van hulle bejaarde prokureur, want hy besef dat Jozua ’n baie goeie rede gehad het om so te besluit. Mnr. Henneman, van die firma Henneman en Botha, is persoonlik deur hom gewerf om hulle sake te hanteer en die man voer alle besluite stiptelik uit. Hy sal hom moet skakel en gerusstel. Dankie, mevrou, ek sal die saak verder hanteer. Sy knik met haar kop en draai om, verlaat die vertrek.

    Anthony kyk haar agterna en sug. As hy ooit sou besluit om te trou, moet die vrou wat hy kies, dieselfde eienskappe hê as hierdie vrou, netjies, stiptelik, fluks, intelligent en pligsgetrou. Die werkverskaffingsburo het haar aanbeveel, want Anton was op soek na iemand met hierdie eienskappe, asook kundigheid, ervaring en goeie kwalifikasies. Die vrou se ouderdom het teen haar getel, daarom het sy so lank na werk gesoek. Mense bo vyftig kry nie maklik werk nie. Hy was tot dusver nog nie spyt dat hy haar aangestel het nie, want sy het al die eienskappe wat hy in ’n sekretaresse wil hê. Daar was baie vroue in sy lewe gewees, maar dit was kortstondige verhoudings. Hy glimlag as hy daaraan dink dat hy spreekwoordelik soos die matrose is wat ’n vrou in elke hawe het, want sy verhoudings was maar altyd in die omgewing waar hy gewerk het, gewees.

    Hy draai weer terug na die venster en hervat sy gedagtegang. Met die geld wat hy geroof het, kon hy naderhand ’n tweedehandse voertuig aanskaf. Sodoende kon hy verder van die huis af ‘werk’ en meer geld bekom. Sy pad het dikwels díe van bendes gekruis en baie gevegte het gevolg. Hy was egter nie van plan om by ’n bende betrokke te raak nie, hy het sy eie planne gehad. Die bendegevegte het egter die polisie se aandag getrek en hy het dikwels in ’n polisiesel opge-eindig. Toe hy eers aan die polisie bekend was, het dit sy saak bemoeilik, want hy is toe voortdurend dopgehou.

    Die keerpunt in sy lewe het gekom juis toe hy een nag weer in ’n geveg betrokke was. Hy was nie daarvan bewus dat die een bendes ook deur die FBI ondersoek is nie. In samewerking met die plaaslike polisie is daar díe aand ’n klopjag op die hotel waar hy was, uitgevoer. Gedurende die geveg wat daarop gevolg het, het hy nie net ’n polisieman ernstig beseer nie, hy het ook een van die FBI lede doodgeskiet. Hy was by ’n uitgang toe hy sien hoe een van die bendelede se pistool weier om te werk. Anthony het dadelik sy kans gesien. Hier! Die man het na hom gekyk en die pistool wat na hom gegooi is, gegryp en toe daarmee aanhou skiet. Anthony het dadelik gevlug. Die bendelid is saam met sy makkers aangekeer. Ballistiese toetse het getoon dat die koeël wat die FBI lid gedood het, afgevuur is deur die vuurwapen wat in sy besit gekry is. Sy besware het niks gehelp nie, hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Anthony het sy pad na die VSA oopgekoop en in New York ge-eindig, waar hy onmiddelik met sy bedrywighede voortgegaan het, want sy geld was opgebruik. Hy het verneem dat daar na hom gesoek word, die FBI asook die bendelede wat weggekom het daardie aand, is op sy spoor. Vrees het hom aangespoor, maar hy kon nie verder vlug voordat hy genoeg geld gehad het nie. Hy het dus ’n lae profiel gehandhaaf, ’n agterkamertjie gehuur waar hy bedags kon wegkruip en ’n paar vermommings aangeskaf.

    Terwyl hy een aand op pad huis toe was, het hy die luukse motor langs die pad sien staan. Daar was slegs een vrou by die motor en sy het gewuif om sy aandag te trek. Hy het onmiddelik die geleentheid gesien om weer te roof en het stilgehou. Toe die vrou haarself aan hom voorstel as mev. Ina Goldman, het hy onmiddelik geweet dat sy die eggenoot is van een van die direkteure van die firma waarvoor hy nou werk en hy het dadelik van sy plan om haar te beroof, afgesien, want sy listige brein het alweer ander moontlikhede raakgesien.

    Met die kennis van voertuie, wat hy opgedoen het met sy ou, tweedehandse voertuie, het hy dadelik die probleem met die motor raakgesien, die vrou oortuig om dit liewer te laat insleep na ’n plek van herstel en voorgestel om ’n huurmotor te bestel. Hy het daar gewag totdat sy geholpe was, want, het hy gesé, dit is nie veilig vir ’n vrou alleen in die donker strate nie. Hy is genooi om haar man te ontmoet, sodat hy behoorlik bedank kon word.

    John Goldman is ’n imposante figuur, bewus van sy mag. Hy het na die relaas van sy vrou geluister en Anthony na sy studeerkamer genooi, waar hulle geruime tyd gesit en gesels het, terwyl hy Anthony stip dopgehou het. Anthony word nou nog koud as hy aan die man se skielike opmerking dink.

    Jy beweeg so vryelik rond, jongman. Is jy nie bang dat jy jouself in die FBI gaan vasloop nie? Voordat hy kon reageer, het Goldman sy hand omhoog gehou. Moet nie bekommerd wees nie, ek het jou herken aan ’n foto van jou wat deur hulle versprei is, as een van die mees gesoekte misdadigers-jou vermomming is nie baie goed nie! Jy sien, ek het vanwee my werksaamhede in verskeie lande, kontak met hulle gemaak om die veiligheid van my werkers te verseker. Ek speel soms golf saam met hulle direkteure, maar dit beteken glad nie dat ek een van hulle is nie. Jou ‘werkrekord’ ten spyt, het jy hulp aan my vrou verleen en daarvoor is ek jou baie dankbaar. Daarom wil ek jou ’n werkgeleentheid aanbied, want ek is al lankal op soek na die regte persoon om sekere sensitiewe take te verrig. Jy is die regte man daarvoor. Goldman swyg ’n rukkie. Hy het gesien hoe Anthony verstyf toe hy begin praat, maar ontspan het namate hy verder verduidelik het.

    Hy gaan voort. Moet nie dadelik besluit nie, gaan oordink my voorstel. Onthou net om jou skaars te hou. Hy glimlag skeef. Voordat jy vir my begin werk, dit is nou as jy die aanbod sou aannneem, sal ons eers iets aan jou gesig moet laat doen, want die FBI se arms reik wyd, dwarsoor die wêreld. Kom sien my more-aand om seweuur, dan eet jy sommer saam met ons. Goldman het opgestaan, ’n teken dat die onderhoud verby was. Hulle het hande geskud en Anthony het vertrek.

    Hy was stiptelik om seweuur die volgende aand daar. Na die ete het die twee mans weer in die studeerkamer vergader. Ek kan van jou houding aflei dat jy my aanbod sal aanvaar. Ek het gisteraand geweet dat jy sal, daarom het ek reeds sekere voorbereiding begin tref. Goldman het dit met ’n glimlag gesé. Anyhony het instemmend met sy kop geknik, maar voordat hy iets kon kwytraak, het die man voortgegaan: Ek het reeds kontak gemaak met die plastiese chirurg wat die operasie sal doen. Hy het al voorheen dienste aan ons gelewer. Jy sal vrydag daarheen vertrek, jou reisdokumente sal dan gereed wees. Jy sal ook van vanaand af hier bly, ons sal jou besittings laat haal. Dit is duidelik dat Goldman daaraan gewoond is om beheer te neem van alle situasies.

    Maar kom, laat ons nou jou dienste en jou vergoedingspakket bespreek. Goldman het nou eers opgestaan en vir hulle koffie ingeskink, terwyl hy praat. Anthony was nie verbaas toe hy verneem wat sy take sal wees nie. Ons kry dikwels met ’n spul te doen, wat voorgee dat hulle die wêreld wil red. Jy sal na hulle moet omsien, terwyl die werksaamhede aan die gang is. Ons kan nie bekostig om enige projek skade te laat ly nie, want die insetkoste is te hoog. Dit wat hy moes doen, is nou duidelik aan hom uitgespel. Hy het in beginsel nie ’n probleem daarmee nie, hy het sy gewete reeds jare gelede aan die slaap gesus. Sy oë het egter gerek toe hy verneem wat sy vergoeding sal wees. Hy het ook geweet dat Goldman vir homself ’n agterdeur oopgehou het, net vir ingeval iets verkeerd sou gaan.

    Na sy operasie het hy meer gerus gevoel, want niemand, nie eers sy eie ma, sou hom kon herken nie. ’n Verdere operasie aan sy stembande het ook sy stem verander en dit was ’n heel ander mens wat aan Goldman voorgestel is. As ek nie persoonlik hier was nie, sou ek getwyfel het. Goldman was baie in sy skik. Dit is net jou vingerafdrukke wat jou kan weggee, maar jy sal moet leer om dit te verberg. Hulle het op die naam ‘Anthony Faure’ besluit en ander reisdokumente is vir hom voorberei. Anthony self het geen probleem daarmee nie, Goldberg het ook reeds ’n som geld in ’n rekening onder daardie naam belê in ’n Switserse bank. Ek sal dit later van jou verhaal. Jy gaan baie rondreis en ek weet buitendien dat jy nie veel geld het nie.

    Dinge het nou vinniger begin verloop en na verskeie suksesvolle projekte, wat hom na feitlik alle wêrelddele geneem het en waar alles nie altyd volgens die letter van die wet verloop het nie, is Anthony na direkteur bevorder. Goldman het intussen die beherende aandele in die firma gekoop en die naam na ‘Goldman Enterprises’ verander, waar hy die posisie as besturende direkteur beklee het. Anthony se finansiële posisie het steeds verder verbeter, sodat hy nou ook sy ma finansieël kon ondersteun. Hierdie is egter sy moeilikste sending tot dusver, want hy het nie kon droom dat die Suid-Afrikaners hom so verbete sou teestaan nie. Hy het die taal geruime tyd gelede aangeleer, (hy het verskeie van sy firma se projekte in Afrika geloods en bestuur, waar hy etlike inheemse tale aangeleer het, onder andere Afrikaans), want daar is baie Suid-Afrikaners wat oral op die vasteland werk. As kind was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1