VIR EWIG SEER
Die idilliese prentjie van seunskinders wat kaalvoet deur die strate hardloop en met selfgemaakte waentjies en albasters speel, is van die eerste gedagtes wat opkom wanneer ’n mens dink aan 11- en 12-jarige seuns in vroeër jare. Dit staan sterk in kontras met dié van hedendaagse seuns wat veels te vroeg deur hul omstandighede rypgedruk word. Maar dit is die realiteit en ons kan dit nie langer miskyk nie.
Wanneer ’n mens dink aan kinders in dié ouderdomsgroep is dit ook moeilik om te glo dat hulle in staat kan wees om te moor. Dat kinders op dié ouderdom reeds gestroop kan wees van hul onskuld en kindwees. Dit laat ’n mens met tergende vrae – hoekom pleeg kinders moord? Hoe integreer daai kind weer in die gemeenskap? Is dit moontlik om die kind te rehabiliteer? Wie se skuld is dit en wat het in daai kind se lewe gebeur wat hom oor die afgrond gestoot het? Dít is vrae waarmee ’n mens worstel wanneer jy hoor van ’n kind wat iemand vermoor het.
n Steekvoorval wat Woensdag 24 Junie omstreeks 18:20 in Brucestraat, Borcherds in George plaasgevind het, het skokgolwe deur hierdie klein gemeenskap gestuur. Nie omdat steekvoorvalle nie algemeen is in die gemeenskap nie, maar omdat dit ’n 11-jarige kind is wat na bewering sonder om twee keer te dink die lewe van ’n 12-jarige, Brendon Booyse, weggeruk het. Dit is iets wat die gemeenskap tot in sy fondamente
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days