Rapport

Die vreugde van reis en eet

Vir my is wat ek op enige reis eet, net so belangrik as dit wat ek daar in die vreemde sien en ervaar.

Ek takseer maklik ’n plek op hoe lekker ek daar geëet het, al dan nie.

Sommige plekke en etes is onvergeetlik – partymaal oor dit so uitsonderlik lekker was, ander kere vanweë die eetplek se ligging of voorkoms. En soms is dit doodeenvoudig oor ek net vrek honger was.

Soos een aand laat in ’n stasiekafee in Keulen. Ek en Rina is meer as 40 jaar terug die eerste keer oorsee. Ses weke lank het ons Europa met rugsakke op treine deurkruis. Ons geldjies was maar skraps en ons het elke dag op ’n streng begroting geleef.

Ons is per trein vanaf Hamburg deur die ou Oos-Duitsland na Berlyn en weer per trein daarvandaan na Keulen. Geld om te vlieg het ons nie gehad nie en al het almal ons voor die tyd afgeraai en was daar ’n paar benoude oomblikke met die Oos-Duitse polisie op die trein, het ons darem nie in die tronk beland nie. Maar die dag van Berlyn na Keulen was bitter lank. Die trein het nergens in Oos-Duitsland gestop nie en ek het nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Bohaai Oor ‘Een Keer’ Se Video
Katlego Maboe se gewese lewensmaat, Monique Muller, sê sy weet nie hoe ’n video waarop sy hom oor sy ontrouheid konfronteer die afgelope week op sosiale media beland het nie. Die video van ’n beteuterde Maboe in ’n donker japon wat bieg dat hy by ’n
Rapport2 min read
Blomme ’n Jaar Ná Sterftes By Voëlklip
Etienne Scheepers en die nuwe vrou in sy lewe het Donderdag blomme gaan neersit by Voëlklip in Heroldsbaai, waar sy vrou, Heidi (35) en hul twee kinders ’n jaar gelede tragies gesterf het. Die 35-jarige ma en haar kinders, Cozette (6) en Hugo (2), he
Rapport4 min read
Fopnuus Fnuik Hulp Aan Boere
Fopnuus oor vragmotors met noodvoer aan boere in brandgeteisterde distrikte wat kwansuis deur brandstigters geteiken word, is besig om broodnodige hulp aan dié gebiede te beduiwel. Landbouleiers sê die video’s, foto’s en boodskappe doen geweldig skad

Related