Weg! Platteland

Luister hoe die bome fluister

As ’n mens eers jou staan, sit of lê gekry het onder die Fluisterboom by Georgestraat 4 op Albertinia, sukkel jy om te glo Marietjie Coetzee en haar eerste man, (wyle) Loekie, het glad nie eens dié kolossale wildevy (Ficus burkei) óf sy ewe formidabele kleinboet, die Luisterboom, weerskante van die huis raakgesien toe hulle meer as 15 jaar gelede die eerste keer na die eiendom kom kyk het nie.

Maar dié “bysiendheid” is plotseling vergewe en vergeet as jy die imposante sesslaapkamerhuis gadeslaan wat op ’n voëlvlug met Google Earth kompleet soos ’n vliegtuig of voël met uitgespreide vlerke lyk. Die woning is tussen 1965 en 1970 deur Koos Kemp, destydse burgemeester van die dorp, gebou, en vanweë die ondergrondse water wat al eeue lank hier uit die aarde opstoot, moes ’n vlotfondament gebruik word.

Marietjie-hulle het doerie jare nog net op Albertinia kom kuier by haar suster Leah en dié se man, wyle Sampie, wat in 1996 die bekende aalwynkosmetiekbesigheid Aloe Ferox op die dorp begin het en waar Marietjie se een dogter, Hanlie Hornsveld, ook vandag werk. Die lap fonteinland van 1,6 ha het toe nog Kannafontein geheet, en volgens die 1920-titelakte moes “Plot 64b van die plaas Grootfontein” die buurerwe van water, brandhout en waswater voorsien. Twee beeste kon ook

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland5 min read
Gekruiste Lyne
Die verlate tyd tussen twee-en vieruur in die oggend – die diep, stikdonker nag – het ek nog nooit vertrou nie. Dan voel dit of niks op aarde wakker kan wees nie, of selfs die klippe en vlieë en muskiete slaap. (Goed, dalk nié verpleegsters, vlermuis
Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o

Related