Weg!

12 DINGE WAT DIE BOSVELD ONS GELEER HET

1 Die voorwêreld lê vér!

In die Bosveld praat mense gereeld van “die voorwêreld”. Hulle sal byvoorbeeld besoekers uit  Gauteng vra:“Het dit al daar by julle in die voorwêreld gereën?”Of soms sal gegrap word dat een of ander boer “vir hom ’n vrou in die voorwêreld gaan soek het”.

Rofweg gesproke is die voorwêreld besiger plekke nader aan die stede, maar blykbaar kom die uitdrukking oorspronklik uit Alldays se omgewing.

Alldays lê noord van die Soutpansberg en in die ou dae is na dié wye stuk aarde – kom ons sê van Swart-water, verby Tolwe en Alldays tot Musina – as“agter die berg”verwys. Alles suid van die Soutpansberg was“voor die berg”of sommer“die voorwêreld”.

Nou weet jy!

2 Jy moet soggens skoene uitskud

Die Bosveld is ’n streek waar die plantegroei nog dig staan en ’n mens teen skemeraand maar liewer nader aan die vuur wil skuif. Want hoe verder noord jy in Suid-Afrika toer, hoe giftiger en groter raak die gediertes.

In die Kaapse kusdorpe is jy gelukkig om af en toe ’n piepklein saalneusvlermuis onder ’n stoeplig te sien verby duik; buite Musina hang daar elke aand klosse Wahlberg se witkolvrugtevlermuise soos hamsters met vlerke in die bome.

Ons het menige aand aangesit in ’n lapa waar trofees met intimiderende tande en driedraai-horings teen die mure pryk. Ons het die grootste leeuwyfies nóg in die Madikwe-wildreservaat gesien, en selfs die goggas in die noorde is meer intimiderend – soos die oogpisters wat om jou voete rondjaag soos pypkarre.

Oral het mense gewaarsku: Moenie saans met plakkies buite

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg1 min read
Kyk Hier!
Die Via Alpina is ’n netwerk van vyf langafstand-staproetes wat van Slowenië af regdeur Oostenryk, Duitsland, Liechtenstein, Switserland, Italië en Frankryk tot in Monaco strek – al met die Alpe langs. In totaal loop dié voetpaaie oor sowat 5 000 km
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg8 min read
Prentjiemooi Phiring
Phiring, ’n gemeenskap van sowat 600 huishoudings, lê op die Panorama-roete, maar min mense weet van dié plek. Noord van die dorpie styg die landskap vir bykans 1 000 m geleidelik tot waar die aarde skielik aftuimel teen die imposante rooi kranse wat

Related