’n Ander wêreld
Op die laaste Maandagoggend in Mei ontmoet ek Thys Burger, my gids, en twee ander toeriste, Gert en Petro Visser van Loskopdam, by die Nossobruskamp. Die Nossob 4x4 Eco Trail mag deur ’n minimum van twee toeristevoertuie (maksimum van vyf) gery word en ek is dus dankbaar vir die Vissers wat my oor die komende dae geselskap gaan hou.
Thys, geklee in die olyfgroen uniform van die park, en met ’n boshoedjie op die kop, staan langs sy kakie Hilux, die kolf van sy R1-geweer wat op sy stewelpunt rus. Thys lyk tuis hier, en later vind ek uit hoekom. Hoewel hy in Usakos, Namibië, gebore is, was van sy voorsate boorgatwagters in die Auobrivier, nog voor die park geproklameer is.
Die park en sy landskap is dus van kleins af ingeprent by Thys, ook tydens vakansies op die familieplaas oos van Askham. Hy is presies die regte mens saam met wie jy wil wegraak in die duine.
Thys verduidelik eers rustig wat vir ons voorlê. Ons gesels oor veiligheidsmaatreëls, oor kos en water. Het ons saadnette vir ons voertuie se verkoelers? Gert se Fortuner het reeds een, maar ek het nie een nie. Geen probleem, sê Thys, hy het ’n ekstra een vir my.
Wanneer ons van Nossob af wegry, is die volgende “beskawing” eers weer op Twee Rivieren. Dít moet jy weet. Maar ons is reg daarvoor. Lus daarvoor. Ons ry noordwaarts met die “hoofpad”, dit wil sê, die wildkykpad wat al met die droë rivierloop van die Nossob-ruskamp strek na Unie-einde.
Vanoggend talm ons nie by Cubitje Quap of Kwang nie. By Bedinkt staan gemsbokke rond, en vertel Thys – ons het elkeen ’n handradio in die voertuig – ons van geofagia, oftewel, die verskynsel wat behels dat diere soms spesifieke grond vreet of lek om
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days