Weg!

In die land van die leeus

Vanoggend kom die son op oor een van die mooiste plekke op aarde, en ons is hier in die Karoo- nasionale park om dit te sien. Bilthoudersbank in die Nuweveldberg is op 1 797 m die hoogste punt in die park, en jy moet in ’n 4x4 ’n geniepsige tweespoorpad ry om die mikrogolf- en selfoontorings op die spits te bereik.

Gewoonlik sal besoekers aan die park nooit hier kom nie. Ek en my vrou, Ronel, reis egter saam met Douwe Vlok van Heuningland-toere op sy Karoo Experience-toer, en ons gids is Johan Moolman, een van die park se ereveldwagters. Een van die vier dae lange toer se groot bederwe is juis die spesiale vergunning om dele van die park en private plase te verken wat jy nie andersins kan besoek nie.

Van hier af voel dit asof jy tot verby die wêreld se einde, daar by sy laaste afgrond, kan kyk. Na die ooste, waar die wolke nou vinnig van purper na granaat verkleur, lê die spitse en koppies opgestapel in die rigting van Aberdeen (sowat 150 km weg soos die kraai vlieg). Voor ons voete val die Nuweveldberg terras vir terras en kloof vir kloof na waar Beaufort-Wes se liggies steeds flonker. Suidwaarts, oor die uitgestrekte vlakte van die Groot-Karoo sien jy sowat 120 km verder die Swartberg waar Meiringspoort iewers deurwriemel na die Klein-Karoo.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related