Die wildtuin waarvoor ons lief is
ANNEMARIE VERTEL: Die wildtuin, mý wildtuin, óns wildtuin. Ek en my reisgenoot, Zani Prinsloo, noem dit sommer “Willies”. Ons woon net drie uur se ry van die Orpenhek af, en daarom is selfs kort besoeke maklik. Soms verlang jy net te veel na die bos! Die kortste was toe ons een Sondag ná middagete besluit het om deur te ry. Ons was die volgende oggend weer uit en betyds vir werk. Ons langste besoek was drie weke.
Die wildtuin het in my hart gekruip sedert ek as vierjarige my pa se kamera “geleen” het, en al die mooi goed wou afneem wat ek uit die agterste sitplek sien.
Die wildtuin is waar ons ons selfone op silent sit die oomblik wanneer ons deur die hek ry. Waar ons nie kan wag vir ons bosveldvuurtjie en skaaptjoppie vanaand in die kamp nie. Wyntjie in die hand waardeer ons elke naggeluid totdat die sterrehemel skitter. Soms verras ’n wildekat of ratel ons in die aand.
Vroeg-vroeg die volgende oggend sal ons ’n halfuur voor hekoopmaaktyd reeds voor die hekke staan en met stomende koffie in ons reisbekers eers stilte hou en ons Skepper dank vir die ongelooflike natuur.
Dan, met oop vensters, ry ons stadig, ore gespits vir diere- en voëlgeluide, kameras gereed op die skoot.
Die hol kol op jou maag en die adrenalien wat pomp as jy eerste uit is by die hek terwyl jy wonder: “Wat het deur die nag gebeur?” So dikwels gebeur die onverwagte as jy nog doodluiters ry – skielike chaos! Koffiebekers trek en kameras word gegryp…
Ek het die leeus (sien vorige bladsy) langs die S41 naby Satara afgeneem.
Ons was die eerste kar op die S100 daardie oggend, en by die T-aansluiting met die S41 was die groot besluit
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days