Die roep van die woestyn
Elly Lindhout en Jan Post, Nederland
Aantal besoeke aan die park 6
Gunstelingkampe
Urikaruus, Grootkolk, Nossob en Mata Mata
ELLY VERTEL: Ek en Jan woon op ’n dorpie buite Rotterdam. Ons eerste besoek aan die Kgalagadi was in Januarie o017.
Sedert ek afgetree het, het ons meer tyd om langer in die park te bly – ons laaste besoek was o4 dae.
Die minder mense is Kgalagadi se groot trekpleister. Buiten die grondpaaie en ruskampe is hier nie geboue, advertensieborde of ander mensgemaakte strukture wat die landskap ontsier nie. Jy sien die natuur soos dit al eeue lank lyk. Mense wat die park al langer as 40 jaar besoek, sal seker nie met my saamstem nie; maar vir my is dit ’n oeroue, onaangeraakte plek. In die Kgalagadi voel dit asof al die kreature, groot en klein, in harmonie saamleef.
Ek hou van die gevoel van afwagting wanneer jy vroegdag uit die kamp ry. Dalk sien jy ’n paar tortelduiwe by ’n watergat, ’n pronkende springbok of ’n manjifieke gemsbok op die horison... maar dalk ook ’n opwindende jagluiperdvangs, of leeus wat iewers lê en smul!
Wag jy geduldig by die watergat en die tortelduiwe, is daar altyd die kans dat ’n edelvalk een probeer vang en dan merk jy dalk ook die bleeksingvalk of roofarend, wat in die kantlyn rondhang om die edelvalk se prooi te steel!
Maar... as jy heel dag dáár sit, mis jy dalk die leeu wat sy dors kom les by die volgende watergat! Of sekretarisvoëls wat hulle paringsdans in die rivierloop uitvoer!
Die ryk wildlewe is ’n groot plus vir fotograwe, maar ook die unieke landskap, en die gehalte van die lig. Omdat hier geen teerpaaie is nie, het jy ook ’n meer natuurlike agtergrond vir foto’s. Hier is minder mense omdat blyplek in die park nie volop isen jy kan jou voertuig rondskuif sonder om in ander se pad te wees.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days