Weg!

Kgalagadi + kamera = aksie!

HIËNA VS. ROOIJAKKALS, LANGS DIE LIJERSDRAAI-DUINEPAD

Ons het in Junie 2018 in die Grootkolk-wilderniskamp gebly en een oggend suid gemik. By die Lijersdraai-piekniekplek het ons afgedraai op die kort duinepaadjie.

Ons was ongeveer 2 km op dié pad toe ons op ’n ongewone toneel afkom: ’n Jong gevlekte hiëna het langs ’n rooihartbeeskarkas 1 gelê. Die hiëna was besonder donker van kleur. Die hartbees was omtrent halfpad gevreet en die aasvoëls het begin land.

Ons kon nie verstaan wat maak die jong hiëna op sy eie by so ’n toneel nie? Waar was die groot katte? Waar was die hiëna se makkers? Hy was duidelik dikgevreet en slaperig, maar die behaaglikheid is hom nie lank gegun nie...

’n Rooijakkals het versigtig nader gedraf. Hy het aan ’n paar oorskietvleisies naby die karkas gepik. Die hiëna het hom met skrefiesoë dopgehou met sy kop wat op die karkas rus. Die jakkals het dit stadig nader gewaag, maar toe hy ’n happie wil vat, kry die jong hiëna skielik lewe! Hy spring met ’n vaart op en duik op die jakkals af ( 2 , vorige blad), maar sy poot haak vas aan die karkas en sy kakebeen klap soos hy op die karkas te lande kom.

Ons was verbaas oor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg9 min read
Mense Se Lense
Canon EOS R7Sigma 150-600 mm-lens DENISE VERTEL: Hierdie piepklein kleinrooiborssuikerbekkie is ’n gereelde besoeker in ons tuin in Worcester. Maar hy bly net te vinnig en te rats vir my. In meer as 100 foto’s is hy nooit netjies in die raam nie, of
Weg4 min read
Maak ’n Plan Met Plastiek
Kyk ’n bietjie om jou rond en jy sal binne sekondes ’n hele klomp plastiekgoed sien. Dis óral! Plastiek kan op allerlei maniere gevorm word, daarom word alles van ’n tandeborsel en ’n rekenaarmuis tot mediese toerusting en onderdele vir motors daarva
Weg2 min read
Met My Eie Oë
Dit was die oggend net ná 6 vm. toe ons groep saam met gidse en spoorsnyers op twee wildritvoertuie vertrek het. Sowat ’n uur later het ons gids per radio gehoor dat ’n trop van nege leeus ’n buffelkalf platgetrek het, en hy’t ons soontoe gehaas. Daa

Related Books & Audiobooks