Weg!

MENSE SE LENSE

DENISE ZEEMAN

Canon EOS R7
Sigma 150-600 mm-lens

DENISE VERTEL: Hierdie piepklein kleinrooiborssuikerbekkie is ’n gereelde besoeker in ons tuin in Worcester. Maar hy bly net te vinnig en te rats vir my.

In meer as 100 foto’s is hy nooit netjies in die raam nie, of ek kry hom net halflyf afgeneem, veral in hierdie struik (Salvia-familie) waar hy graag kom nektar soek.

Johan, my tienjarige seuntjie, sit graag saam met my terwyl ek wag om die perfekte foto te kry.

“Ai, Mamma,” sê hy dan: “Die voëltjie is so vinnig!”

Anderdagoggend vat ek my kamera en besluit: “Vandag is die dag!” Daar sit ek toe twee ure lank in die tuin. Geduld en geluk is twee goue woorde, saam met afwagting en vasberadenheid.

En toe kry ek hom! Dit was my grootste prys, om hierdie mooi voëltjie af te neem en daarmee saam die bonus om die fauna en flora rondom my te geniet.

My verstellings: sluiterspoed van 1/800ste van ’n sekonde, lensopening f6.3 en ISO 6 400.

TOAST SÊ: Hierdie foto het alles: ’n charismatiese voorwerp, helder kleure én ’n kunstige kombinasie van bewegings-blur (die vlerke) én skerpheid (soos die kop, ogie, stert en kloutjies van die suikerbekkie).

Denise praat van meer as 100 mislukte foto’s voordat sy hierdie treffer geneem het – maar dit kan duisende mislukkings verg voor als in plek val. Daarom is dit beter om iewers veilig en gemaklik vir hierdie fotogeleentheid te sit en wag. In jou eie voortuin

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg11 min read
Na Die Land Van Die Boesmans
KAROOPOORT TOT LEEUFONTEIN: 390 KMBURCHELL: 58 REISDAE WILLEM: 4 REISDAE Op 25 Februarie 2024 staan ek op dieselfde stukkie Karoogrond waar William Burchell op 9 September 1811 was. Ek kyk soos wat hy gekyk het en sien die landskap wat hy gesien het.

Related