KOM LEER BY DIE BOS
Verbeel jou jy pak jou rugsak en stap by Onder-Sabie-ruskamp se hek uit. Nie ry nie, maar stáp. Wel, dis wat ek vanoggend om seweuur gedoen het. Ek en my man, Tobie, het saam met Pete Wilson, ’n vryskutveldgids van Barberton, en Louis Lemmer, predikant en Sanparke-ereveldwagter van Pretoria, veld-in ágter die Sunsetdam verdwyn. Dié bekende dam lê net wes van Onder-Sabie langs die H4-1-pad.
Oor die volgende ses dae stap ons met alles wat ons nodig het op die rug tot by die Malelane-ruskamp. (Soos die kraai vlieg, is die ruskamp 58 km suidwes van hier, maar ons het uiteindelik byna 100 km gestap.)
Dis die laaste skof van The Kruger Trail, ’n epiese staptog waarin jy in ses skofte oor drie jaar die lengte van die Kruger stap. (Sien die kassie op bl. 44.) Louis, wat The Kruger Trail bestuur, voltooi vanjaar die ganse roete.
“Jy stap op plekke waar die meeste mense nooit sal kom nie, en plekke waar daar jare laas mense was, waar selfs die veldwagters min kom,” het Louis gister vertel. Maar vir nou is die gesels verby. Jy stap in stilte en in ’n enkelgelid.
“Jy stap op plekke waar die meeste mense nooit sal kom nie, en plekke waar daar jare laas mense was, waar selfs die veldwagters min kom.”
Dis byna negeuur die oggend en die leeus brul steeds. “Dis vyf verskillende troppe,” sê Pete. “Hulle het gisteraand onder mekaar ingeklim en druk nog hulle stempel af.”
Die rooi grond lê besaai met spore: seekoei, leeu, buffel... Langs ’n groot modderige rolkol vertel Louis dat olifante gewoonlik eerste dié gate in die brak kolle grawe. Alle diere is lief vir die rolplekke, veral renosters, buffels en vlakvarke – die modder beskerm hulle vel teen parasiete en dis ’n lekker plek om af te koel.
“As jy in die middel van die dag oor die Kruger vlieg, lê daar in byna elke moddergat ’n buffel,” sê hy.
Die roete loop vandag heen en weer oor die droë Lubyelubyerivier en verby die Maraboewatergat. Net voor dié watergat staar
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days