Weg!

Bosterapie

Rondom ons lê die mopanieveld oop en vry. Dis bewolk en die sterre kruip weg, maar ons weet hulle is daar. Dis inkruiptyd wanneer ons gesels saam met die kole se geknetter al stiller word. Maar skielik fluister iemand: “Ek dink ek hoor ’n olifant hier by die poel…” Janco Scott, ons toerleier, swaai ’n flitsstraal na die grotendeels droë – behalwe een poel naby ons kampplek – rivierloop en wraggies, daar staan ’n olifant!

Tussen ons en die olifant is niks meer as dertig treë nie. Nie ’n heining nie, niks. Janco skakel die lig weer af, en ons staan tjoepstil en luister. Die ore wat ligweg flap, die slurp wat snuif, daai swaar voete wat diep in die grootkorrelsand van die rivierbedding trap.

CHRIS VENTER, Kleinmond

JANCO SCOTT, Hoedspruit

Chris: Ek het daarvan gehou dat ons min wild gesien het wat dan nog ook vinnig weggehol het. Dis nie soos in die Kruger waar die diere gewoond is aan al die karre nie. Jy waardeer dit wat jy sien meer.

’n Bos-ervaring soos hierdie help jou om ’n bietjie perspektief te kry op die lewe daarbuite. Janco: Op hierdie toer kry jy as Suid-Afrikaner iets van ’n Botswana-ervaring, maar jy hoef nie so ver te ry nie en jy hoef ook nie deur ’n grenspos te sukkel nie. Die dinamika van die verskillende habitatte – van dorre

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Dié Berg Dwing Respek Af!
Ná die aanhoor van verskeie rillerstories het ek Arangieskop van my staplysie geskrap. Vriende het vertel van toonnaels wat afval, bene wat breek, helikopterreddingspogings... Nee wat, om buite in die veld te wees moet ’n mens rustig maak eerder as g
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Sterreweg
Halley is verreweg die bekendste komeet. Dié komeet het onlangs op die verste punt van sy baan om die son gaan draai, en hoewel dit eers weer in 2061 naby die son gaan wees, kry ons twee maal per jaar wel brokstukkies daarvan te sien. Terwyl ’n komee

Related