Weg!

’n Halfeeu se reise na Namibië

Op ’n koue winteroggend in Julie 2022 besluit ek en my vrou, Christa, dat ons dringend ’n warmer plek moet soek. Net daar val die keuse op Brandberg in Namibië waar ons 55 jaar gelede as verloofdes getoer het.

Ons het destyds die land verken in my eerste viertrekvoertuig, ’n klein Jeep. Omdat ek as jong laaitie vyf jaar in Namibië gebly het, wou ons die westelike dele, hoofsaaklik Damaraland verken; ’n deel wat ons telkemale sou teruglok.

Daardie toer was Christa se eerste keer in die land. My eerste reis op eie stoom was die vorige jaar toe ek en ’n Namibiese studentevriend Hennie Mynhardt die grootliks grondpad na Windhoek met my nuwe 1965 Volkswagen Kewer aangedurf het. Die kar het R1360 nuut gekos en ons het brandstof bereken teen R1 per 100 myl. Dus sou ’n rit van Kaapstad na Windhoek sowat R10 kos. Maar geld was skraps en ons moes raap en skraap om dit bymekaar te kry. Geld vir blyplek was daar nie en ons het sommer saans langs die kar geslaap.

Ek het nie telling van my besoeke gehou nie, maar ná 1966 was daar min jare wat ek nie daar was as student, antropologiese navorser,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Oor Grense Heen
Grense is eienaardige goed, oor die eeue heen het mense dit lukraak geskep om die belange van die groep binne die grens te beskerm en natuurlik om ander uit te hou. Kyk jy na ’n kaart van Afrika, sien jy telkens die mees dwaas van alle landsgrense: L
Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop

Related