Weg!

VAN MARGATE TOT VOËLSOEK

Wat het jy op jou matriekvakansie gemaak? Foute? Die meeste van Pretoria se jeug is met ’n kas bier en ’n swembroek see toe... Ballito, Umhlanga of Margate. Ek en ’n paar vriende het dié eeue oue tradisie voortgesit. Ná ’n week van moeilikheidsoek saam met my pelle, het ek gaan voëlsoek.

Heel eerste op my agenda was die dikbekfret. In daai stadium was daar ’n spesifieke dorpie aan die Natalse Suidkus waar voëlkykers dié een gaan soek het. Park Rynie? Pennington? Ek kan nie mooi onthou nie – dis al meer as twee dekades gelede.

In elk geval, ek ry toe maar rond totdat ek gestuur het! Ek parkeer op iemand se grasperk en staan in die straat rond met my verkyker met die hoop dat die frette sal oorvlieg. ’n Tannie wat verbyry, ken al dié uitdrukking en hou langs my stil. “Looking for the mannikins?”vra sy. “Yes ma’am.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Onder Die Radar
“Suid-Afrika was die enigste land in die Gemenebes van Nasies wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vroue as soldate opgelei het,” sê dr. Wim Myburgh waar ons in ’n koffiewinkel op Pringlebaai sit en gesels. “En nie net in een nie, maar twéé spesialiskr
Weg3 min read
Die Mense Het Gepraat
Die wenners van die 59ste kompetisie Natuurlewefotograaf van die Jaar is einde laasjaar aangekondig. Maar met dié dat daar bykans 50 000 inskrywings was, het die beoordelaars besluit om nog 25 uitblinkers te kies, en lede van die publiek kon vir hull
Weg12 min read
Oor Grense Heen
Grense is eienaardige goed, oor die eeue heen het mense dit lukraak geskep om die belange van die groep binne die grens te beskerm en natuurlik om ander uit te hou. Kyk jy na ’n kaart van Afrika, sien jy telkens die mees dwaas van alle landsgrense: L

Related