Kuier

Irshaad 'N DADDY DUISEND

Op die kassie het hy ’n wonderlike verhouding met sy TV-pa, AB Samsodien, gehad voor dié se onlangse tragiese skietdood. Maar in sy eie lewe het Suidooster se Irshaad Ally (45) nooit juis ’n emosionele pa-seun-verhouding geken nie. Trouens, daar was al tye waar hy homself onkant sou vang waar hy smag na pa-liefde, selfs toe sy eie pa nog geleef het. En in sy laat 20’s het Irshaad eintlik eers aan homself erken: hy hét daddy issues.

Seker ook dié dat hy vandag sy rol as pa bitter ernstig opneem. En dis ononderhandelbaar, finish en klaar. Dog erken hy ook self ruimhartig dat hy soms effe té rigied is, en by tye selfs ietwat paranoid word noudat hy self die pa van twee jong meisiekinders is. Dis hoe dit is en altyd sal wees. Want in vandag se vreemde wêreld waar kinders nie altyd veilig is nie, sal hy hulle altyd met valkoë dophou. Vir hulle wil hy die wêreld gee, en regtig net die beste Daddy wees in elke moontlike opsig.

ANDERS GROOTMAAK

Irshaad glo dat dogters die deure van die hemel (of jannah) oopmaak vir pa’s wat goed na hulle omsien en hulle met oorgenoeg liefde en ondersteuning grootmaak. En, streng of nie, hy ís putty in hul hande, sê hy en lag lekker.

Hy is ’n raakvat-pa. Dit kan jy sommer dadelik sien tydens se voorbladfotosessie hier in die Kaapse middestad. Hy kloek om sy twee jong meisiekinders, Rahmah (9)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
‘N Brief Aan My Kinders
RAAK WYS MET… Brenden Boys, ek skryf dié brief aan julle omdat dít wat ek wil sê belangrik is, en ek dit vir ewig wil opteken. Hierdie jaar is ons land 30 jaar onder ‘n sogenaamde demokratiese bestel. Met die eerste demokratiese verkiesing was ek sle
Kuier5 min read
Kinderpornografie: Die Draak Met Duisende Koppe
D is iets wat geen ouer hulle wil voorstel nie: dat jou kind in die kloue van seksuele uitbuiters beland … en om dan deur duisende, selfs miljoene, verder aanlyn misbruik te word as deel van ‘n wêreldwye kinderpornografienetwerk. Maar die hartseer we
Kuier5 min read
Euodia Ken Nie Van Stilsit Nie!
D ié gesoute aktrise is dalk bekend vir haar lang lys TV-rolle, maar toneelspel is net een van Euodia Samson (54) se vele talente. En sy ken g'n van stilsit nie – daar's altyd iets op die horison. Sondae kuier sy in ons sitkamers as die liefdevolle C

Related