SARIE

Dié mans dra VROUE SE VAANDEL

Egskeidings en enkelma’s

Die egskeidingsyfer styg, soos Statistieke Suid-Afrika se nuutste syfers pas weer wys.* Enkelgesinne is ’n werklikheid, so ook ma’s wat dikwels die verantwoordelikheid alleen moet dra. Dis dikwels harde bene kou, maar vroue glo ons kán. Ons het daardie innerlike krag en kan die mas alleen opkom. Ivan Botha, akteur, regisseur, draaiboekskrywer en filmvervaardiger, sê liefde kan baie gapings vul

“Ek weet van baie suksesstories waar kinders by net hul ma grootword. Vroue is baie sterker as wat baie mans dikwels dink. Ons dink vroue kan nie sonder mans nie, dis glad nie so nie. Ek en Donnalee [Roberts, aktrise, draaiboekskrywer, vervaardiger en sy verloofde] kom uitstekend oor die weg met my gewese vrou, Ciske, en haar man, Kristof Kruger. Ons het twee gelukkige huise vir my en Ciske se dogtertjie, Amélie (9), geskep.

Dit gesê, ek glo die tradisionele rol van ma en pa moet herdefinieer word. Dis lankal nie meer vreemd dat ’n kind twee pa’s of twee ma’s het nie. Ons het gay vriende met kinders wat uitstekende ouers is. Veel eerder moet ons na liefde se rol kyk. Liefde kan vir soveel dinge opmaak.

Baie is al geskryf oor die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE3 min read
Ons Wêreld
Megaster Taylor Swift het al 14 Grammy-musiekpryse gewen. By vanjaar se glansryke toekenningsaand was sy ook die onbetwiste mode-wenner. Haar verskyning op die rooi tapyt – in ’n wit Schiaparelli-rok en lang swart handskoene – het die meeste sosialem
SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8

Related