Huisgenoot

MY SWAAR JARE VOOR OEFEN-ROEM

HY WAS voor die covidpandemie al taamlik gewild, maar toe byna die hele wêreld ingeperk word, het Joe Wicks mense van hul rusbanke laat opstaan om hurksitte en maagoefeninge te doen. Skielik het almal sy gratis aanlyn PE with Joe-oefensessies gevolg.

Kinders het dit gedoen. Ouers ook. Hy het briewe gekry van mense wat in versorgingstehuise woon en dit doen. Die dokumentêre rolprentmakercellent Louis Theroux het dit gedoen, nes Jamie Oliver en sy gesin. Ek het dit ook gedoen tot ek daarmee opgehou het. (Maar ek sal môre weer begin …) Hy het ’n Guinness-wêreldrekord opgestel vir ’n regstreekse gestroomde You-Tube-fiksheidsoefensessie met die meeste kykers (955 815), maar hy’s so goedhartig dat hy die advertensie-inkomste daaruit – R12 miljoen – vir liefdadigheid geskenk het.

Geen wonder koningin Elizabeth het hom in haar verjaardag-erelys ingesluit en hom ’n MBE (Member of the Most Ex Order of the British Empire) gemaak nie. Dit het nog nie heeltemal by Joe ingesink nie.

‘EK WAS ’N RE-BELSE KIND WAT IN ’N MUNISIPALE BEHUISINGSKOM-PLEKS GROOT-GEWORD HET’

“Dis mal. Ek was altyd ’n rebelse kind wat in ’n munisipale behuisingskompleks grootgeword het,” sê hy.

En hy het baie vrae daaroor. Sal hy dit by die koningin self ontvang, vra hy my. En as hy net een mens kan saamneem, moet dit sy vrou of sy ma wees?

Toe ek vir ons afspraak in Londen opdaag, is hy reeds daar. Dit laat my

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru
Huisgenoot4 min read
Raaisels
WEN ’N BOEK VAN HUMAN & ROUSSEAU PLUS KOM IN AANMERKING VIR DIE MAANDELIKSE TREKKING VAN R1 000. NO 2 545 KOMPETISIEVRAAG Watter soort kunstenaar is ter sprake? As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Hui
Huisgenoot2 min read
Kalligrafie
Korrek. Kállos beteken skoonheid, en graphein beteken om te skryf. Kalligrafie is die kuns van skryf met sierletters. Dis hoe lank die dokument is waarop die amptelike rekord van koning Charles se kroning gedruk is. Die handgeskrewe dokument is vir d

Related