Weg!

Hou die ‘ou man’ op ’n afstand

Ek en my susters was nog klein toe my pa ons aan staproetes teen sneeubedekte berghange en natuurreservate vol gevaarlike diere bekend gestel het. Ver van die bekendheid en gemak van die beskawing. Waar die meeste ouers egter met die ouderdom ’n bietjie makker word, het pa Mike se avontuurlustigheid toegeneem. Hy’s al ánderkant 80 en haal gereeld aan uit Toby Keith se liedjie “Don’t let the old man in”. En ek moet erken: My pa hou daai man vér weg.

As 26-jarige sukkel ek om by Mike by te hou, maar ek probeer hard. Dié dat ek nou (onder die wakende oë van ’n opgestopte kameelperd) saam met hom op ’n jagplaas ’n paar kilometer stroomaf van die Vanderkloofdam vir aandete aansit.

Ons vier dae lange roeitog op die Oranjerivier begin môreoggend. Dit was natuurlik Mike se idee.

Ons roeimaats is meestal sy portuur. Sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg1 min read
Kyk Hier!
Wanneer die sentrale deel van Botswana somerreën kry, dreineer die water na die Makgadikgadipanne, wat dan die habitat word van duisende flaminke en ander watervoëls. By die Nata Bird Sanctuary het jy maklike toegang tot die Sowapan, die oostelike de
Weg5 min read
Die Noord-Kaap Maak Heel
Amper elke dag moet Genevieve Maasdorp vir mense beduie hoe die paaie na die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark toe lyk. Ook wat die toestand van die roetes in die Kgalagadi-oorgrenspark of die Namakwa- of Augrabies- of Mokalanasionale park is. En da

Related