Verlede Sondagoggend om 9.38 vm. ontvang ek ’n kort boodskappie: Haai, wat doen jy? Groete, Anton. Ek was nog in die kooi in my slaapkamer vol potplante met Italiaanse operamusiek wat speel.
“Ek hoef níks te doen nie,” sê ek saggies vir myself en draai op my linkersy.
Anton is ’n Suid-Afrikaner wat ek ’n paar maande vantevore op die strand hier by die Mole in Swakopmund ontmoet het. Hy is ’n sogenaamde digitale nomade: Iemand wat reis en van sy – dis basies vir ons dorp wat die V&A Waterfront is vir Kaapstad. Dit was dus geen verrassing om Anton daar aan te tref nie: Kaal bolyf met visplakkies aan die voete en ’n glimlag vol lewenslus. Ék was egter op die Mole om ’n ander rede. Ek is onlangs deur my terapeut aangeraai om met kry-die-kop-skoonstappies te begin. “Dit sal jou help, en dis darem oefening ook,” was haar woorde.