BLOEDSOMER
Deur SIDNEY GILROY
Human & Rousseau, R299*
“Ek kry nou nog nagmerries oor wat ek in my navorsing raakgelees het.
“Orgaandiefstal is ’n feit soos beurtkrag en belasting. Dit gebeur natuurlik ook in Suid-Afrika. Daar verdwyn elke vyf uur ’n kind, sowat 1 000 volwassenes per maand. Net ongeveer 70% van hulle word weer gekry, hetsy lewend of dood. Of dit nou vir orgaanoorplanting of moetie is, mense word van hul organe verlos teen astronomiese betaling vanuit die diep sakke van kriminele sindikate en skelms.”
Só gesels Sidney Gilroy oor orgaanoorplanting, ’n tema in sy vierde krimi, Bloedsomer.
Ek vra