Weg! Platteland

Op ’n galop… Philippolis toe!

Op Philippolis is dit tjoepstil: Dit is die begin van winter en die middel van die week, en vakansiegangers wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis, skaars.

Maar by die Karoo Artist’s Café gebeur daar altyd iets. Juliette Whelpton se kunskafee is in Tobie Mullerstraat, maklik die mooiste straat in die Vrystaat se oudste nedersetting. Daar is onduidelikheid oor of die dorp se 200ste verjaardag in 2022 of 2023 gevier moet word, maar vandag by die kafee word ’n bekende Suid-Afrikaanse skrywer herdenk in die weeklikse boekvoorlesing om 11:00.

Dit is Kobie Gouws se beurt om die groep met C.J. Langenhoven se “Oom Hendrik in die spookhuis” te vermaak. “Tannie Kobie skryf ook,” vertel Juliette. “Hier woon baie skry-wers op die dorp. Ons boekvoorlesings het spontaan begin. Eers was ons ’n groep wat net kunsvlytwerk doen, en tannie Kobie het begin voorlees terwyl die ander werskaf.”

Die Karoo Artist’s Café is ’n troeteldiervriendelike kuierplek vir kunstenaars, digters, musikante en storievertellers. Dit is ook ’n toevlugsoord vir vegetariërs en veganiste, veral in dié wereld waar skaapstertjies en lamstjops omtrent aan die bome groei. Dis hier waar Juliette se vier groot liefdes bymekaarkom: boeke, musiek, kos en perde.

Buiten die kafee bestuur sy ook welstandswerksessies met perde – dit staan bekend as Healing Hooves.

Perde is tog die rede hoekom Juliette haar op Philippolis bevind –

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Gekruiste Lyne
Die verlate tyd tussen twee-en vieruur in die oggend – die diep, stikdonker nag – het ek nog nooit vertrou nie. Dan voel dit of niks op aarde wakker kan wees nie, of selfs die klippe en vlieë en muskiete slaap. (Goed, dalk nié verpleegsters, vlermuis
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s

Related