Nuut op die rakke
Jul 29, 2022
3 minutes
Deur ELNA VAN DER MERWE
POLSSLAG
Human & Rousseau
R275*
DIE vrou op die skrywersfoto lyk nie of sy in staat is om ’n bloed-en-dermsverhaal oor ’n reeksmoordenaar uit te dink nie.
Marie Lotz lag. “Kan ’n mens ooit iemand op sy baadjie takseer?” vra sy. “Ek dink alle misdaadfiksieskrywers probeer die donker siele van moordenaars verstaan.”
Sy het met haar uitstekende debuut, Roofdier, reeds gewys sy verkies die hardebaard-krimi, en met Polsslag hou sy ook nie terug nie.
Marie werk en ’n uitgewery, en sy werk deesdae by ’n Pretoriase sielkundepraktyk as teksredigeerder van mediese, regs- en sielkundeverslae. Die droom om te skryf was egter deur al die jare daar, en sy was al as kind lief vir misdaadstories.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days