Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt
Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt
Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt
Ebook98 pages46 minutes

Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde dele in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word. Tekste wat oorgeskryf is sluit Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in. 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateApr 19, 2022
ISBN9780796322937
Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt
Author

Elias P Nel

Elias Nel is op Verneukpan gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Kraaifontein. Hy behaal ’n B.A.-graad en sluit by die ATKV se projekkantoor in Kaapstad aan waar een van sy gewildste projekte die jaarlikse rieldanskompetisie was. Hy is veral bekend vir sy vertellings van oom Goltros. Hy is getroud met Julia en die egpaar het drie seuns. 

Related to Die Jirre is my Wagter

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Jirre is my Wagter

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Jirre is my Wagter - Elias P Nel

    Lux Verbi

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Die Jirre is my Wagter mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe.

    Vir

    Hom, my Here wat al vir 67 jaar my troue Herder is – en wat toekom al die eer en die lof en aanbidding!

    Die kleiner wordende groep sprekers wat oor die jare heen met die besonderse tongval van die Boesmanland volhard het.

    Julia – my vrou, my beste maat.

    Voorwoord

    Die Here is my Herder (Psalm 23) is ongetwyfeld die bekendste Psalm in die Bybel en dis inhoudelik die bevestiging van God se bemoeienis met die mens – ’n bemoeienis wat soos ’n goue draad regdeur die Bybel loop. Dit is jammerlik ook juis hierdie oorbekendheid wat meebring dat die grensverskuiwende inhoud van beskerming, sorg en ’n ongeëwenaarde betrokkenheid in die mens se wel en wee maklik misgekyk word. Hierdie bundel poog om met die kyk deur ’n nuwe taalbril die oorspronklike inhoud weer nuut, fris en vars te maak, sodat die waarde hernieud ontdek kan word.

    Die streeksvariëteit van Afrikaans wat hier gebruik word, is dié waarmee ek in Verneukpan (Swartkop) in die Noord-Kaap opgegroei het. Dit is jammerlik ’n kwynende tongval omdat die ouer gebruikers daarvan reeds aan die uitsterf is. Hierdie bundel het dan ook ten doel om die uniekhede binne hierdie streeksvariëteit na vore te bring en die soepele diversiteit van Afrikaans te belig. Ook het dit ten doel om die vindingrykheid van die sprekers en terselfdertyd ook die rykheid van Afrikaans as gebruikstaal te onderstreep.

    Ek wil ernstig pleit dat die taalgebruik nie as kuriositeit, as ’n snaaksigheid, bejeën moet word met ’n Ag foeitog, die ou Boesmanlandse skaapwagterstaal is tog so kostelik! nie. Wat raakgelees moet word, is eerder, soos genoem, die rykheid en vindingrykheid van die manier van sê. En sal dit nou nie wonderlik wees as hierdie bundel weer ’n terugkeer na die oorspronlike Bybelteks teweegbring nie?

    Ek sien in my verbeelding hoe die gekose Skrifgedeeltes en my omgedigte weergawes daarvan in die tongval van die Boesmanland in gesprekke met mekaar vergelyk word, hoe daar oor die geestelike en taalwaarde van my weergawes besin word, hoe die diversiteit van Afrikaans ook in Bybelse konteks waardeer en geniet kan word.

    Die meeste tekste in hierdie werk is vir my persoonlik van besondere geestelike waarde, en wel in dié sin dat dit ’n bevestiging is van die Here se herderskap in my lewe. Die saamstel van hierdie bundel was dus vir my ’n op-reis-wees na die ewigdurende Waarheid – ’n soektog na nuwe betekenis in die Skrif! Ek vertrou dit doen dieselfde vir jou.

    Laastens ’n dankwoord: aan Adam Small wat my jare gelede tot die besef gebring het dat om ’n spreektaalvorm van Afrikaans te besig jou nie ’n mindere wese maak nie; aan Hans du Plessis met sy gewaardeerde transponering van Bybelse teks in die tongval van die Kalahari; aan Julia, my ander helfte, met wie ek tot laat in die nag lê en korswel oor die uniekhede van die gebruikstaal van die Boesmanland en Namakwaland, ons onderskeie streke van herkoms.

    Elias P. Nel

    Kraaifontein

    Augustus 2021

    Psalm 1

    die twee voetpatte

    veelsgelikkag issie man wat’ie die rate

    van godtelose mense vat’ie

    en okkie staan oppie pad

    vannie ou sondaarsmense nie

    en okkie saam mettie koggelaars

    oppe bolling loop sittie

    maar sy lekkerte is innie lerings vannie Jirre

    en hy bedink daai lerings innie dag

    en da’ weer innie aand ok

    en hy’s soose datelboom wat geplant is

    byrie Grootrivier se waters

    en hy sjee sy vrugte oppie regte tyd

    sy blare die sal nimmersie verlep’ie

    en als

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1