Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki se verjaardag
Minki se verjaardag
Minki se verjaardag
Ebook54 pages25 minutes

Minki se verjaardag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Minki se verjaardag is om die draai. Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?

Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!

Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.

Maar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het …

LanguageAfrikaans
Release dateMay 1, 2024
ISBN9781779990259
Minki se verjaardag
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki se verjaardag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki se verjaardag

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki se verjaardag - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Macaroni-en-kaas

    Minki, kom eet!

    Minki kyk op van die boek wat sy besig is om te lees. Sjoe, is dit sowaar al etenstyd?

    Marmite, wat by Minki se voete gelê en slaap het, gaap en strek haar uit.

    Jammer, Marmite, Mamma het my geroep. Ek moet gaan eet, sê Minki vir die katjie. Jy kan netnou weer by my kom lê.

    Minki sit haar boek op die sitkamerbank neer, gaan was haar hande en stap kombuis toe. Haar pa en die tweeling sit klaar by die tafel. Haar ma haal ’n groot bak stomende macaroni-en-kaas uit die oond.

    Spaghetti lek sy lippe af en swaai sy stert. Dit lyk asof hy baie hard wens die bak beland op die vloer en word hondekos!

    Minki se mond begin sommer water.

    Mmm, dit ruik lekker! sê sy.

    Dis koud en reënerig vanaand, sê haar ma. So, ek het besluit ons eet sommer vroeg.

    Mamma begin vir die tweeling inskep.

    Max stamp aan Marko.

    Kyk, sê hy. Hier is ’n berg macaroni op my bord. Maar Mamba skrik nie vir ’n berg macaroni nie.

    Voor iemand kan keer, jaag hy met sy speelgoedkarretjie oor die macaroni op sy bord. Stukke kaas klou aan die wiele vas.

    Zombie ook nie! spog Marko.

    Sy karretjie ploeg ook oor die macaroni.

    Max en Marko! sê hulle ma. Gaan bêre daai karretjies, nou dadelik. Julle weet julle mag nie speelgoed aan etenstafel hê nie. Julle het in die modder met die karretjies gespeel en nou ry julle daarmee oor julle aandete!

    Die tweeling staan op en stap brom-brom na hulle kamer toe om die karretjies te gaan bêre.

    Minki loer vir haar pa. Sy kan sien hy sukkel om nie te lag nie.

    Toe Max en Marko terug is, begin almal eet.

    Ná ’n ruk gee Max ’n sug. Dit klink soos ’n springkasteel

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1