Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki se pretdraf
Minki se pretdraf
Minki se pretdraf
Ebook51 pages26 minutes

Minki se pretdraf

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Pretdraf? Dit klink na groot pret! Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.

Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.

Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …

LanguageAfrikaans
Release dateMay 1, 2024
ISBN9781779990273
Minki se pretdraf
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki se pretdraf

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki se pretdraf

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki se pretdraf - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Smoothies en sweterige sokkies

    Môre, slaapkous! Ontbyt is amper gereed!

    Minki kreun en trek die nuwe grys-en-groen duvet wat sy vir haar verjaardag gekry het oor haar kop.

    Pappa! kreun sy. Dit is Saterdag.

    Die volgende oomblik plof iets op haar bed neer, ’n nat neus kriewel in haar nek en ’n warm tong begin haar gesig lek.

    Spaghetti! roep Minki uit en begin lag. Hou op, dit kielie! Sy probeer dieper onder die duvet inkruip.

    Haar pa lag ook.

    Spaghetti dink ook dis tyd om op te staan, sê hy. Mamma gaan nou-nou saam met tannie Annemie koffie drink. Jy en die tweeling moet saam met my gaan inkopies doen.

    Minki frons.

    Inkopies? vra sy verbaas. Gewoonlik hou haar pa net mooi niks daarvan om inkopies te doen nie. Hy sal enige verskoning uitdink om Saterdae eerder by die huis te bly as om saam winkels toe te gaan.

    Die sportwinkel het ’n groot uitverkoping wat vandag begin, sê haar pa. Ek dink dis tyd vir ’n nuwe paar drafskoene. En ek moet ook vir my ’n koplamp gaan soek.

    Minki sug en gooi die duvet eenkant toe. Sy kan nie help om te glimlag toe sy sien hoe haar pa lyk nie. Saterdae maak hy ontbyt, en hy dra altyd een van sy versameling snaakse voorskote. Vandag het hy ’n voorskoot aan waarop staan:

    Bobaas(poets)bakker.

    Die voorskoot lyk ekstra snaaks omdat haar pa dit bo-oor sy sweetpak dra. Dit lyk of hy klaar gaan draf het, want om sy kop is ’n natgeswete sweetband en hy het sy tekkies aan. Vandat hy ’n paar weke gelede begin draf het, is hy elke oggend vroeg uit die vere.

    Haar pa verdwyn weer by die kamerdeur uit en ’n oomblik later hoor Minki die menger uit die kombuis dreun. Sy klim met ’n sug uit die bed, maak haar klerekas oop en grawe haar gunsteling-jean, ’n T-hemp en ’n warm

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1