Wees redelik, Katryn
EK STAAN nog stomgeslaan met die blou porseleinpotjie in my hand toe verdwyn sus Bella se motor al met ’n vaart om die hoek. Haar laaste woorde aan my: “Wees tog redelik, Katryn. Hoeveel? Jy het mos alles van ma gekry, tot haar blou oë. Ek begeer daai blou porseleinpotjie van ma al die jare.”
Asof ek nou iets aan die blou oë kan doen. Van die “alles” waarvan sy praat, weet ek ook nie. Sy het tog immers die mooi geelhouteetkamertafel met die 10 stoele gekry en die groot slaapkamerstel met die hemelbed. Ek gun dit vir haar, want dit sal so mooi vertoon in haar spoghuis op die wynplaas, maar die blou porseleinpotjie was nog altyd my soft spot, want dit was nog ouma Katryn s’n en toe het my ma dit geërf en nou ek.
Ek wil rooi aarbeikonfyt daarin skep en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days